Ek wil nie doodgaan nie.

Al wat ek eintlik wil hê, is net dat die seerkry moet doodgaan.

Ek het nie die guts om die belt om my nek te sit nie.

Ek kyk net daarna. En ek huil.

Dis hoe my pa-hulle my daar kry.

Toe ek my pa sien, onthou ek wat hy my eenkeer vertel het: “Elke ouer het ‘n droom het vir sy kind.”

Wat ek is, was sekerlik nie deel van daardie droom nie.

Dis hoekom dit my uitmekaarskeur om vir my pa en ma te vertel ek is gay. En dat ek jammer is. Dis nie iets wat ek kon kies nie. Dit was net … daar.

Toe ek klaar is, wag ek dat hulle vir my moet sê dat hulle my nie meer lief het nie. Dat ek my goed moet pak en trap uit hulle huis.

Maar dit gebeur nie.

Hulle huil saam met my.

Hulle sit hulle arms om my.

Hulle sê: “Jy is nog ons kind. Ons bly lief vir jou.”

Elke ouer het ‘n droom vir sy kind.

Daardie droom is groter as wie ons is en wie ons liefkry.

DIE EINDE

VRAAG: Hoe voel dit om nie aanvaar te word nie? Veral as jou ouers jou nie aanvaar nie? Wat is jou ouers se droom vir jou?