Liewe Ouma,
die hoekoms en waaroms is nog steeds hier
Weet jy hoe baie mis ek jou?
Die helfte van my hart is weggeruk en dis SEER!
Jy was ’n ongelooflike persoon
Jy was my beste vriendin
Ek mis dit om saam jou te sing, te gesels, te lag
Ek mis dit wanneer jy my “biesie” noem
Dis so hartseer dat ek dit nie meer hoor nie
Dankie dat Ouma my so goed opgevoed het
En dankie vir ’n ongelooflike mamma
wat jy vir my agtergelaat het.
Sy is net so ongelooflik soos Ouma,
as ek na haar kyk sien ek Ouma.
Dankie dat Ouma altyd na my kyk,
Jou pragtige kleindogter,
Abiesha