“Ek is lief vir jou, Lenie. Dis ons geheim, moet vir niemand se nie. Pappa is jammer.”

“Ma, Skrik wakker! Kan jy nie voel dat iets nie pluis is nie?”

Die monster is alweer op my. Ek kan dit nie meer hanteer nie. Net môre gaan ek my ma se. Maar hoe se jy jou ma dat die een wie veronderstel is om jou met sy lewe te beskerm, jou ontneem van jou maagdelikheid?

“Lenie, jy het jou broodblik vergeet!” Traag draai ek om en besluit impulsief dat dit nou of nooit is.

“Ma, Pa molester my elke aand.” Dis asof ek ‘n knoppie gedruk het wat Ma in ‘n monster laat verander het. “Hou op lieg,” skree sy en klap my dat die bloed so spat.

Die feit dat Ma my nie glo nie het seerder gemaak as die klap wat sy my toegedien het. Ek het omgedraai, my gesig gaan was en skool toe geloop.

By die skool aangekom, het ek normaal en gelukkig opgetree. Ek was die gelukkige, sprankelende dogter waaraan almal gewoond is, maar diep binne-in my het my hart gebloei.

Ek het gevoel dat ek nooit uit my pa se kloue sou ontsnap nie. My
skoolwerk het drasties agetruit gegaan en my juffrou het vir my gese dat, as ek nie my sokkies op trek nie, gaan ek matriek pluk.

Dit het my laat besluit dat ek nie gaan toelaat dat my pain die pad van my toekoms staan nie. Ek het ekstra hard gewerk en matriek met vier vrystellings geslaag. Goed genoeg om medies te gaan swot.

Na elf jaar was my wens verwesenlik. Ek was ‘n gekwalifiseerde
pediatrise met twee motors, sowel as twee huise. Ek het my eie plaas ook besit.

Ten spyte van my sukses het ek planne beraam om wraak te neem op my pa. Ek het vir my ‘n pistool met ‘n knaldemper gekoop en besluit om hom koelbloedig te vermoor. Net betyds het ek besef dat ek die een is wat aan die kortste ent sou trek aangesien my gewete my altyd sal pla. Ek het afgesien van die idee om my pa dood te maak en op die Man van Bo vertrou vir vrede en vergifnis.

My ma wou my nie glo toe ek haar vertel het nie. Dit het my laat voel dat niemand na my sal luister nie. Tog het ek geleer dat daar altyd iemand is wat na my luister sonder om my te oordeel. Sy naam is Jesus. Deur dit alles het Hy my ‘n sterker mens gemaak en dit het verseker dat ek as rolmodel vir baie ander kan dien.

***

Vertel ons wat jy dink: Dink jy Lenie was reg om haar pa nie te skiet nie?