Hoekom ek? Hoekom moet Ek deur die strykel blokke gaan

Hoekom moet ek met n knop in my keel sit?

Hoekom sien julle my nie as n waardevolle dame nie?

Hoekom is julle nie lief vir my nie?

Waarom het my ma my op die ouderdom van 8 my verlaat?

Waarom wil my pa my nie aanvaar?

Waarom gaan ek aleen deur hierdie swaar tyd in my lewe?

Waarom ek is ook nie mooi soos ander dames nie?

Waarom moet ek huil terwyl julle lag?

Hoekom lag julle wanneer julla na my kyk?

Hoekom maak julle my so seer met julle woorde?

Hoekom moet die slegte dinge altyd met my gebeur?

Hoekom leef julle nog in my verlede terwyl ek in my hede leef?

So baie vrae in my gedagte wat niemaand kan antwoord nie, maar hulle verneder my nog steeds. Julle sien neer op my maar “God” voorsien vir my!!