“Goeie morê mama!” Lebogang sê, nadat hy klaar gebad en sy tande geborsel het.
“Morê seun,” groet mama.
“Mama, kan ek maar iets soet vir ontbyt kry?” Vra hy.
“Nee,” sê mama, “’n mens eet nie soetgoed vir ontbyt nie, want dit is nie gesond nie nou kom sit en eet jou ontbyt, die skool gaan nou enige tyd begin.”
“Okay, mama,” sê Lebogang en hy gaan sit en eet sy ontbyt.
Toe hy klaar is vat hy sy rugsak en hy en sy mama stap skool toe. By die skool hek groet sy mama hom en gee vir hom sakgeld.
“Dankie, mama,” sê hy en soen sy mama op die wang.
“Moenie soetgoed koop nie hoor koop vir jou n piesang,” se mama, “jou boeta gaan jou na skool kom haal.”
Die dag by die skool was tog te lekker. Daar lui die klokkie vir pouse. Lebogang vergeet sommer baie gou van wat sy mama vir hom gesê het en hy koop vir hom klomp lekkers, sjokolade en ‘n ysie. En hy eet te lekker aan die lekker soetgoed dat hy skoon vergeet om sy broodtjie te eet. Die klokkie lui weer en hulle moet ingaan klas toe.
Na skool kom haal sy boeta hom. Toe hulle by die huis kom groet hy sy mama en gaan reguit na sy kamer toe en hy eet die soetgoed wat oorgebly het.
Na ‘n paar minute hoor sy mama net, “Eina! Eina! Mama! My tand! My maag! Mama help!”
Sy mama gaan na sy kamer toe om te kyk wat fout is en kry hom waar sy bed lê en huil.
“Wat is fout seun?” vra sy.
“Mama my tand en my maag is verskriklik seer, want ek het te veel soetgoed geêet. En ek het nie my broodtjie by die skool geêet nie, ek is jammer mama.”
“Okay,” sê sy mama, “jy was baie stout gaan borsel gou jou tande.”
Nadat hy sy tande klaar geborsel het en sy mama vir hom medisyne gegee vir sy maag het hy sommer gou beter gevoel.
“Dankie, mama, ek sal nie weer so baie soetgoed eet nie.”
Later die dag kom speel sy maatjies by hom en hy vertel hulle toe van alles wat met hom gebeur het.
“Wat gaan julle drink?” vra sy sister Shirley vir die seuns.
“Ons wil sap hê,” antwoord hulle terwyl hulle lekker lag.
Tell us: Wat dink jy oor hierdie stuk?