Die kampvegter vir gestremdes

Leonard het agtergekom dat baie gestremdes in Kokstad moeilike lewens ly. Sommige is verwaarloos of deur hulle gesinne in ‘n agterkamer versteek. Ander het in armoede gelewe. Baie was onbewus van hulle regte as gestremde mense.

Leonard het ook ontdek dat gemeenskapslede negatiewe houdings teenoor gestremdes openbaar het. Hulle was onder die indruk dat gestremdes niks vir hulself kon doen nie. Sommige mense het hulle bejammer en sommige het hulle vir hierdie mense geskaam. Leonard het besef dat gestremdes moet saamstaan ten einde hul lot te verbeter.

Leonard het die gestremdes byeengebring. Saam het hulle ‘n nuwe organisasie gestig: die Mount Currie Disabled People’s Organisation (MCDPO). Dit is vernoem na die reuse berg wat agter Kokstad geleë is.

Die amptelike stigting van die MCDPO het in Maart 1999 in die Kokstadstadsaal plaasgevind. Gestremde kinders het musiek en dramas opgevoer, gassprekers van die Parlement het die gehoor toegespreek en digene wat die organisasie op die been gebring het, het toekennings gekry as erkenning vir hulle rolle.

Shoooooes 9

Kokstad City Lovers onder 14 span met hoofafrigter, Leonard Gregory, met mede-amptenare by Mthatha Independence Stadion gedurende die nasionale onder 14 Transnet Sokkerklub Kampioenskappe (2000).

Sedertdien het die MCDPO ‘n baie bekende organisasie in Kokstad en die res van KwaZulu-Natal geword. Dit het groot moeite gedoen en baie energie aan voorspraak en bewustheidsmaking bestee. Dit het probeer om gewone mense se houding te verander en om hulle oor te haal om gestremdes te respekteer.

Die organisasie het openbare byeenkomste gereël ten einde die gemeemskap te wys dat gestremdes dinge vir hulself kan doen.

Een van die grootste suksesse was die byeenkoms op 16 Junie, 1999, Nasionale Jeugdag. Op daardie dag het gestremde kinders in aanraking gekom met niegestremde kinders van hoofstroomskole. Gestremde jeugkore het musiek en dramas opgevoer. Gestremde kinders het toesprake gelewer. Beide groepe kinders (gestremd en nie-gestremd) het uitgevind dat hulle dieselfde aktiwiteite geniet het. Daarna het die gestremde kinders gesê dat die nie-gestremdes hulle met respek behandel het. Hulle was baie dankbaar dat die MCDPO hierdie geleentheid gereël het.

Die MCDPO het ook gehelp om ‘n oplossing te vind vir die behuisingskrisis wat die gestremdes in die gesig staar. Baie gestremdes het nie hul eie huise gehad nie en het in armoedige omstandighede gelewe. Die MCDPO het hulle gehelp om huise deur die stadsraad te bekom. Vir baie mense was dit die eerste keer wat hulle hul eie huis besit het.

Shoooooes 10

Leonard deel sy getuienis om mense in die Kokstad Assemblies of God Kerk aan to moedig.

Nog ‘n probleem waarmee gestremdes worstel is werkloosheid. Hulle kan nie werk kry nie omdat werkgewers nie gestremde werkers wil aanstel nie.

Daarom het die MCDPO ‘n sweiswerk en skryn werkskswinkel in ou munisipale kantore op die been gebring. Deur gebruik te maak van vaardige mense met gestremdhede is MCDPO lede opgelei as sweisers en skrynwerkers. Die projek het ‘n sweiskontrak by die munisipaliteit beklink.

Die organisasie herstel ook rystoele by die werkswinkel.

Op hierdie manier word daar geld vir die organisasie verdien. Hierdie geld is gebruik om nuwe toerusting aan te koop. Wat oorbly is tussen die lede verdeel.

Shoooooes 11

Leonard ontvang van Biskop William J. Slattery erkenning vir sy prestasie in sokkerafrigting (1999).

Leonard en die MCDPO het sterk bande met die munispaliteit, die provinsiale regering, nie-regeringsorganisasies en professionele sokkerspanne gesmee.

Die oud-Premier van KwaZulu-Natal, Lionel Mtshali, het al by MCDPO byeenkomste toesprake gelewer.

Sokkerspanne soos Bush Bucks het al by hul feesvieringe gespeel.

Leonard gebruik sy kontakte in die sokkerwêreld om die lewens van gestremdes te verbeter. Die MCDPO het baie planne vir die toekoms. Hulle wil ‘n kleuterskool vir gestremde kinders en ‘n geletterdheidsprogram vir gestremde volwassenes begin.

“Gestremdheid moet jou nie terughou nie,” sê Leonard vir gestremdes. “Jy kan ‘n volkome bydrae in jou gemeenskap lewer.” Leonard se boodskap aan die gemeenskap is eenvoudig.

Leonard “Shoes” Gregory met Mlungisi “Professor” Ngubane en Leonard se seun, Lee Gregory (2000).

“Gestremdes het so baie om aan te bied. Lede van die gemeenskap moet hulle houding verander sodat almal uit gestremdes se bydrae kan baat.” Leonard, die kampvegter, is nie meer ‘n sokkerster nie.

Vandag is hy ‘n uitstekende sokkerafrigter, maar hy het ook ‘n nuwe rol ontdek – kampvegter vir gestremdes. Tot vandag toe noem hulle hom nog steeds “Shoes”!

Shoooooes 12

Leonard “Shoes” Gregory met Mlungisi “Professor” Ngubane en Leonard se seun, Lee Gregory (2000).