“Shoooooes!”
Die sokkerspeler, 1976 – 1991

Toe Leonard Gregory 15 jaar oud was, was hy ‘n sokkerster. Hy het professioneel vir Zulu Royals gespeel. Dit was die bekendste klub in KwaZulu- Natal en het later ‘n naamsverandering na AmaZulu ondergaan.

Baie doele het by Leonard se voete begin. Hy het middelveldskakel gespeel. Hy het die bepalende rol in ‘n wedstryd vervul. Toe hy die bal in die middelveld gekry het, en sy aanskoulike vaardighede gebruik het, het hy wonderlik die bal vir sy spanmaats aangegee.

“Shoooooes!” het die toeskouers geskreeu toe hy die bal in besit geneem het.

Leonard het baie spanne, beide in KwaZulu-Natal en Transkei verteenwoordig. Van Zulu Royals af het hy na Durban Bush Bucks toe gegaan, waar hy vier jaar lank in die National Professional Soccer League gespeel het. Sy volgende klub was Aces United in die destydse Federation Professional League.

Gedurende die destydse apartheidsjare is sokker volgens ras verdeel. Daar was aparte ligas vir verskillende rassegroepe. Wie weet hoe ver Leonard se sokkerloopbaan sou gevorder het indien daar destyds net een nie-rassige Premier Soccer League was? Hierna het Leonard na Mthatha verhuis waar hy Liverpool United in die destydse Transkei Professional League verteenwoordig het. Hy was een van die beste spelers in die liga en het vir die Transkeise span teen Bophuthatswana gespeel. Hierna het hy vir Thembu Royals gaan speel waar Bantu Holomisa, nou lid van die Parlement, bestuurder was.

Leonard onthou nog hoe Bantu Holomisa voor elke wedstryd vir sy spelers gesê het, “Manne, die finale uur het aangebreek!”

Leonard “Shoes” Gregory

Leonard “Shoes” Gregory, Dorrington Webster en Real Taj ondersteuners by Northdale Stadion (1986).

Daarna het Leonard Kokstad toe verhuis. Daar het hy by Kokstad Swallows sokkerspan aangesluit, wat hom ook werk by ‘n motoronderdele winkel gevind het.

Hy het met die pragtige Sylvia Kroutz in die huwelik getree, tot rus gekom, en twee kinders, Lee en Leandra, gehad. Hy het aangehou om sokker in Pietermaritzburg as gasspeler vir Real Taj in die Federation Professional League te speel. Gedurende naweke het hy al die pad van Kokstad na Pietermaritzburg vir wedstryde gereis. Dinge het vir Leonard in Kokstad goed gegaan. Toe het die ongeluk gebeur en alles het verander.

Leonard Gregory and family

Leonard en Sylvia met hul kinders, Lee en Leandra, op Leandra se eerste verjaarsdag (13 November, 1990).