Bzzzzzzzzz

Ek kannie slaapie.

Bzzzzzzzz
Die gelyd van Tapa-tricity is te hard.

Bzzzzzzz

Veral venaan. It hou my wakke.

Bzzzzzz

Ek lê met kapok in my ore, earphones oor dai en twie kussings oo my kop maa …

Bzzzzzzz

Ek kan nog steeds ie irriterend lectric klank hoo.

Ek kykie tyd op my Tapa-Tablet. Is al past four. Ek might as well wakke bly vi skool.

Ek gan toilet toe en sien my ma is innie vookame. Sy dra nog once haa silwer suit. Sy sit krysbiene voorie Tapa-TV.

Daa’s drone footage van River View, I mean Tapa-Town, oppie skerm. ’n Journalist met ’n Franse accent sê, “Een dis sleepy town at deh foot of Afrikah, eet seems residahnts hev found new joie de vivre thenks to Tapas tecknologee.”

My ou Sunday School teacher antie Pat appear oppie TV. Sy’t oek die silwer suit an. Hulle wys oppie TV hoe sy ytie mall loep met ’n 5kg sak attepels op elke skoue, plus sy hou ie helese groveries in haa hanne. Allie ou mense met suits vattie mee taxis of ubers mall toe nie, hulle doennie mee dai twinnag miniete rytjie nie, hulle loep nou dantoe.

“Ja nay, ôs is soe dankbaa vi Tapas,” sê antie Pat. “Voo die was ek op alle tipe medication, vi my bôs, vi my hoë bloed, vi syke. Dai medisyne is expensive. Maa nou, as ek die suit dra, dan mekee ek ittie meerie. Praise Tapas ek is geheal!”

“Prys Tapas,” hoo ek my ma saamstem.

Ek trek my skooluniform an.

Bzzzzzz

Ek’s bekommerd oo my ma. Sy issie mee dieselle nie. Daa’s iets anneste in haa oë.

Bzzzzzzz

Soms wanne sy praat klink sy ampe nes ’n machine. Niks expression in haa stem ie.

Bzzzzzzzz

Come to think of it, sy klink nes Tapas.

Bzzzzzzzz

“Thank you for having me.” Ek hoo Tapas se stem in ôsse vookame, my ma drai die TV oppie hardste whenever hy op is.

Bzzzzzzzz

Hy vertêlie French journalist dat hy biesag is om ’n dome oorie skiem te maak, “We’ve already started working on our Tapa-tricity dome. It’s a grid that will cover the entire community with electricty and protect it from outside elements.”

Bzzzzzzz

Ek sug. Dai’s hoeko die lectric buzz soe hard is.
“It is designed to regulate the weather,” sê Tapas. “The people on the Cape Flats have had enough of a hard life, they don’t need any more dark, wet winters. They deserve summer all year long.”

Bzzzzzz

Ek likes ie die silwer suit nie. Ja, it help my ma baie, maa sy’s soe parry dattie suit nat ga kry en malfunction, sy’t my watesak ge-ban. Gesê ek kannie mee byrie hys met wate paint ie.
Tapas het gemaak dat daa niks wate innie skiem issie. Daa tap nou neon groen slime yt ôsse krane. Tapa-hydrate. Ôs ammel innie skiem moet net Tapa-hydrate drink. Is ’n concentrated mix can electrolytes en vitamiene. Apparently mekee mens net een glasie vannit per dag om hydrated te bly. Hy’t oek by elke hys showers install wat ’n tipe gas oo jou liggam spray om jou skoon te maak. Die ienagste plek waa ek nou wate kan kry innie skiem is byrie Sparza-rivier.

BZZzzzz

Ek sit met my vinges in my ore en staarie wit muur in my kame.

BZZZZZ

Die gesiggies in it appear en veanne. My hanne jik om hulle te teken. Ek het soe lanklaas gepaint.

BZZZZZZZZZZZZZZZZ!

Die Tapa-tricity buzz wêk op my nerves, ek voel ek gan mal raak.

BZZZZZZZZZZZZZZZZZZZZZZZZZ!

Ek gannie vedag skool toe nie, ek gaan eire rivier toe. Ek sal daa oppie riviersand met my wate paint.

Ek sneak skelmpies ytie hys yt, ek try om baie stil te wies, ek willie hê my ma moet my watesak weg vattie.

By Sparza-rivier staan klompie trokke met Tapas se naam op. Ek loep wate toe, maa een vannie wêkers blok my. “Die’s ’n construction site. Issie open vi public ie. Jy kannie hie wiessie.”
Agte hom sien ek hoe die trokke tonne cement innie rivier in gooi.

Sê vir ôs: Sal jy onne ‘n permanente dome wil bly? Hoekô/Hoekô nie?