Die silwer suit cover my ma se liggam van nek tot tone. Is metallic en reflective en Tapas se naam is groot oppie bôs en rug geskryf. Sy staan by my kame deu en doen ’n klompie squats. “My word, ek kannie onthou wanne laas ek soeveel energy gehad hettie!”

Ek sit my watesak op my rug.

“Waantoe ga jy?”

“Ek ga rivier toe Mummy.”

“Lekke jy, ek ga jou join!” sê sy, maa sy change vinnag haa mind, “Wag, ha-ah, ek kannie. Tapas sê ek kannie naby wate gan as ek my suit an hettie.”

Tapas se hospitaal doennie surgeries op pensioners ie, hulle gie hulle eire sy patented Tapa silwer suit. Die suit sit styf en it het sensors wat jou binneste lees, it kan sien waa jou liggam swak is, en dan stuur it lectric krag na dai spesifieke plek. My ma is oo haa suit, haa heupe pynie wanne sy it dra nie. Wanne sy it an het beweeg sy soes ieman met full mobility. Sy’s suppose ommie suit net vi ’n paa ure te dra, maa sy trek it nooit ytie, even wanne sy die suit innie aane charge. Sy staan en hou ie charger cord tien haa navel en wag virrie vier ure wattit vat om vol Tapa-tricity te raak.

“Okay ek sal jou halfpad Sparza rivier toe niem en dan gan ek maa vi ’n walkie op my eie.” Sê sy.

Ek sukkel om ôsse hek te slyt. My ma staan agte my en doen jumping jacks. “Ek was lanklaas byrie rivier, ek miss it.”

Ek smile, ek’s bly sy’s ytie hys yt.

“Ek en jou pa het by Sparza rivier ontmoet, wiet jy dai?”

Ek’t al klompie kee die storie gehoo, maa sy’s in ’n good mood en ek willie haa bubbel bassie. “Issit?” Vra ek tewyl ôs af innie pad loep.

Sy haal lank diep asem deu haa neus en smile soes sy trug dink. “Ja, ’n groep van ôs het skool gebunk dai dag om ’n braai langsie rivier te gooi. Jou pa is mossie van hie nie, soe toe ek hom daa sien, met sy afro, het ek gedink, ‘Hallooo, wie is die sexy stranger?!’ Maa hy’t my heeltyd ignore, hy’tie ees vi my gegroetie, maa ek kon sien hy loer my die heeltyd skelmpies deu sy donke Ray-Bans. Ek moet allie wêk gedoenit, ek was moeg van heeldag wag vi hom om sy move te maak, ek het soema voo hom gestaan en lekke voobarag vi hom gevra, ‘Do you like my tight bather, see how it fits my body?’ Wiet jy, ôs het vi jou in dai rivier gemaak?”

Ek hou op loep, “Uggh, ek’t my bottel sunscreen oppie stoep vegiet.”

Ek wil nog omdrai ommit te gan haal, maa hie sien ek my ma sprint voo my yt. Sy haloep soe vinnag haa grys ponytail skiet regyt in ’n ninety-degree angle agte haa kop.

My oë skiet wyd oep. Ek het nog nooit gesien ieman beweeg soe vinnag in real life ie. Sy trap soe vinnag haa biene lyk soes ’n blur, nes dai Roadrunner voël innie poppentjies. One two three is sy by ôsse hek.

Ek sit my hanne om my mond en skrie op innie pad, “Wag Mummy, ek hettie hek se keys op my …”
My ma vat ’n paa tree agtentoe, byg haa knieë en sy jump. Sy spring soe hoeg innie lug it lyk asof sy vlieg. Die son is stêk, ek kan niks siennie.

“Mummy …?”

Iets val ytie lug yt, it beweeg soe vinnag is net ’n blur, it land binne in ôsse jaat in. Stof spoeg oorie hek.

“MUMMY?!” gil ek en haloep, much stadiger as wat my ma gedoenit, hystoe. Sy’s annie anne kant vannie hek, haa hand rus oppie vloer voo haa, sy staarie sirkel gekraakte concrete wat haa liggam gemaakit toe sy gelandit.

My hanne biewe ennie sleutels klingel tien mekaa soes ek probee ommie hek se slot oepe te kry.

“Mummy!? Is Mummy alright?” Sy kyk op na my. OMG hoekô skyn haa oë silwer?! Sy knip haa oë ennie kleur draai wee swart. “My word!” Sê sy en vier die concrete merke van haa knieë af.

“Die suit is darem kwaai nuh!”

Vertel ôs: Wat dink jy gaan volgenne gebee?