Ek het gedink is ’n joke toe hy announce dat hy hie by ôs oppie Cape Flats ga bly. Ek was vesieke is ’n publicity stunt of iets. Maa hy’t soema die next dag sy Tapa Headquaters begin bou op ôsse sokkeveld.
Noggie ees ’n maand latere ie was daa ’n skyskraper innie middel vannie skiem.
Hy’t vi ammel innie skiem van sy niewe technology gegie, vi free. Elke hys het ’n Tapa-Talk gekry, dai’s sy version van Siri. Ôs het man-man een van sy Tapa-Tablets gekry met free connection narie Tapa-net, sy internet netwêk. Die sixty-inch TV’s was oek veniet en ôs kry allie Tapa-TV channels, oek gratis. Maa, according to Tapas, issie grootste gift wat hy gebring it; Tapa-tricity. Ôsse skiem kry nie mee loadshedding ie, wan hy’t sy eie energie source. Apparently is it ’n kleine goue ball wat hy in sy hys hou, it gie lectric vi ammel wirelessly. Ek wiettie hoe dai goed wêkie. Maa ja, ammel innie skiem is Tapa-dronk. Ôs het self ’n petition gemaak ommie plek se naam legally te veanne van River View na Tapa-Town.
Ek kan hoo hoe cheer ie mense innie next pad.
“Ooh Tapas is naby!” sê my ma en trek haa rooi mini-rok sideways soedat ie slit mee noticeable is. “Lyk ek alright?”
Ek hou haa arem om my skouer en help haa byte soedat sy die Tapas-Parade kan sien.
Sondae ry Tapas deu elke straat innie skiem. Dan staanie mense byte en waai, klap hanne, en gooi blomme wat hulle in hulle tyn gegroei it op sy limousine. Ek dink is ’n waste of time, wan mens sien net Tapas se silhouette deurie tinted vensters en sy hand wat soes ’n mechanical toy waai.
“Hi Sharon, lanklaas vi jou gesien.”
’n Vrou in ’n body hugging silwer one-piece draf vannie anne kant vannie straat na ôs toe.
My ma gie vi my ’n kyk, kreukel haa neus en lug it effens op. Ek lug my skouers, ek ken oekie die vrou nie. Sy gie my ma ’n hug, maa die vreemdeling maak my ma ongemaklik, sy hou haa liggam styf.
“Haai, hoekô is jy dan nou soes ’n stywe-raver Sharon? Moenie maak asof jy my nie kennie.”
My ma kykie vrou diep in haa gesig, sy skut haa kop. Die vreemde vrou sit haa hanne op haa heupe, “Haai moenie my soes ’n alien ankykie Sharon, is ekke, Mrs Vigis!”
My mond val oep. Die vrou lieg! Sy kannie Mrs Vigis wiessie. Die vrou lyk dekades jongere.
“My word, jy lyk goed!” sê my ma vi haa, “Straight up Jacob! Wat is jou secret?”
Mrs Vigis lag. Ôs het haa altyd Quasi-moano geroep, wan sy’t ’n erg boggelrug gehad en sy likes complain. Maa nou staan sy tall met ’n wye smile. Sy strek haa arms bo oo haa kop, “My kleinseun wêk mos vi Tapas. Jonothan man, Kitty se kin. Nou hy wêk mos oppie gebou. Ek wiettie of jy al gehooritie, maa hulle’s biesag om ’n hospitaal hie te bou. Anyway, hy sê Tapas is soe ’n lekke ou, baie down to earth. Hy’sie soesie mense nie, hy’t ’n goeie hart. Jonothan sê toe hy’t eendag op sy break mettie anne wêkers gepraat oo sy ouma wat soe sukkel met haa rug, shame hy was nog altyd oo my. Baie sensitive kin, ek het mos vi hom allie jare grootgemaak. In any case, hy was toe opgeroep na Tapas se kantoor toe, wan Tapas het deurie cameras gehoo hoe praat hy oo my. Toe sê hy vi Jonothan, okay, hy’t ’n niewe health treatment wat hy op wêk, en as ek wil, kan ekkie eeste een wies wat it kry.” Sy byg af en rus haa palms oppie grond voo haa voete sonne om haa knieë te byg. “Jinne Sharon, ek kon nooit in my liewe die doennie. En it was alles veniet, ek hettie ’n cent betaalie.”
Tapas se swat limo kô staarag innie pad afgery. Die mense in ôsse pad beginne geraas maak.
“TA-PAS! TA-PAS! TA-PAS!” skrie hulle in unison. ’n Vrag kinnes haloep agterie kar. Ieman blaas ‘n vuvuzela. Mrs Vigis skiet ’n bekkie. My ma kyk haa aan verbaas, “Wanne maak hy sy hospitaal oepe? Ek moet ’n appointment maak.”
Sê vi ôs: Wil jy die Tapas-suit dra? Hoekô/Hoekô nie?