Rebelmeisie het haar trane afgevee en vir Peter geglimlag. “Dankie.”

“Waarvoor?” het Peter gesê.

“Vandat ek klein was het ek gewonder wat met haar gebeur het.” Sy het vlugtig na haar grootouers gekyk. “Ek kannie glo dit was Mnr.Cupido nie. Hoe kon hy dit gedoen het? Hy was altyd so gaaf teenoor my. Hy het nooit hard met my gepraat nie, en hy was altyd bekommerd hoe ek oor Melissa gevoel het. Hy het vir my stories oor haar vertel en hoe hulle by die kerk saam gewerk het. Ek kan dit nie glo nie… en hy was ’n pa. Sy seun Selvin bly nog steeds langsaan.’”

“Was? Waar is hy nou? Ou Mnr. Cupido?”

“Dood. Hy is verlede jaar dood. Ons is na sy begrafnis toe. Ek kan dit nie glo nie. Beteken dit dat hy weggekom het om my tannie te vermoor?”

Rebelmeisie se hartseer het verdwyn en is deur woede vervang. Dit was asof sy wou gehad het dat Mnr. Cupido moes dood wees, maar teleurgesteld was dat sy nie in staat was dat sy hom kon doodmaak nie.

“Vuil ou swernoot. Dood is nie genoeg straf nie!” Rebelmeisie het gespoeg.

“Moenie so praat nie, meisie. Jy moet respek hê vir die dood,” het die ou man gesê.

“Hy het nie respek vir Melissa gehad nie! Hy het haar doodgemaak, Oupie. Ek het nie ’n tannie nie!”

Die ou man het stilgebly. Rebelmeisie se woede was onbeheersbaar. Peter het nader gestaan en sy hand op haar skouer gesit. Hy wou haar troos.

“Wat’s jou naam?” het Peter haar gevra.

“Charlene.”

“Wonderlik. Nou kan ek ophou aan jou dink as “Rebelmeisie.”

Charlene het geglimlag. Sy poging tot humor het haar geraak. Haar skouers het ontspan. Haar woede het vervaag.

“Wel Meneer, wat gaan u doen oor hierdie nuwe inligting?” het Peter die ou man hoflik gevra.

“Ons het tyd nodig om aan alles te dink. Ek wil nie oorhaastig wees nie.”

“Ek verstaan.” Peter het na Charlene gedraai. “Het jy ’n pen en papier?”

Sy het in ’n rugsak wat op die eettafel gelê het, gekrap.

Peter het op die stuk papier gekrabbel wat sy vir hom gegee het. “Hier is my nommer ingeval jy ’n klag wil lê.”

“Dankie.” Mnr. Peters het sy hand stewig geskud. “Jammer oor die geskreeu vroeër.”

“Het u ’n haelgeweer?” het Peter gevra.

“Nee. Hoekom?”

“Sommer net.”

Peter het opgestaan. Hy was reg om te gaan. Die nag het in ’n bondel onbeholpe gesprekke en onlogiese spronge verander.

“Jy’s snaaks, weet jy?” het Charlene gevra.

“Soort van, maar ek kommunikeer nie gewoonlik met die “vermoedelik dooies” nie. Dis nuut.”

“Ek’s seker.”

Haar glimlag het meer gebrand as haar blik, maar Peter het nie omgegee vir dié hitte nie. Haar straling was intens, maar hy wou meer hê. Hy het na die deur geloop en Charlene het gevolg.

“Ek’s bly ons het jou nommer,” het sy gesê.

“Hoekom? Wil jy my uitneem?”

“Miskien. Ek is aangetrokke tot ouens wat met my oorlede tannie praat.”

Peter het teruggekyk na die huis en Charlene by die venster sien staan. Sy het gekyk hoe hy weggaan. Hy het vir haar gewaai. Sy het geglimlag en teruggewaai. Hy het omgedraai en teruggedraai na die Wilson-woning. Hy het gehoop dat hy haar weer sou sien.

Die koue van die nag het hom nie meer gepla nie. Hoekom het Melissa hom gekies? Hoekom het sy hom nie gesê dat sy dood was nie?

Hy het deur al die gebeure van die aand gegaan: ’n spook, ’n koketterige middeljarige vrou en ’n kwaai ou man. Dit was alles belangrike ontmoetings, maar hy het die meeste aan rebelmeisie Charlene gedink. Was sy die rede waarom Melissa na hom gekom het? Hy het sy kop geskud. Malligheid om te dink dat Charlene se dooie tannie hom na haar toe gelei het, maar snaakser dinge het al gebeur.

Die nag was warm van die geheue van menslike ondervinding. Hy het die lewens van drie mense daardie nag geraak – op ’n goeie manier. Besluite oor sy toekoms het nie meer onmoontlik gelyk nie. Al wat Peter wou doen was om te verbind. Al wat hy wou hê was om te behoort. En dit het hy sekerlik gedoen. Peter het geglimlag. Skielik het die wêreld na ’n beter plek gevoel om in te wees.

***

Vertel ons wat dink jy: Hoe het hierdie gebeurtenis Peter verander, en hoekom?

The End