Hulle sê jou lewe flits by jou oë verby as jy weet jy gaan doodgaan. Wel ek weet nie daarvan nie. Wat ek wel weet is dat jou brein vir ’n stilstand kom vir ’n fraksie van ’n sekonde en dan tot aksie oorgaan. In my geval baie harde, baie maniese, totaal onbeplande aksie.

“Selvin!” Het ek so hard ek kon gegil. “Selvin Cupido!” Ek het my hande in die donker gewaai.

Sy kop het in my rigting geruk en in daardie flits van ’n oomblik het Peter Cho tot aksie gespring. Kapoef! ’n Reguitbeen skop en die geweer het uit Selvin se hand gevlieg en kletterende op die vloer beland.

Kaboem! ’n Skop na die been en Selvin het op sy knieë gesak.

Swiesj! ’n Hou na die vet van sy maag en Selvin het teruggeval, wind uit. Hy het op die vloer vir sy geweer rondgeskrop.

“Og!” Een van die gevangenes het sy enkel gebyt. “Og! Og!” Die tweede een het vorentoe gewikkel en haar tande in sy kuit laat sak.

Swiesj! Ek het Peter se sweetpak oor Selvin se kop gegooi. Hy het stil gelê.

Vier kwaad tieners teen een plomp, bleswordende, amper-40-jarige ou man. Hy het nie ’n kans gestaan nie. Peter het die pistool opgetel en dit na sy kop gerig.

“Hou hom daar, Peter,” het ek gefluister. En toe het ek besef: dis nie meer nodig vir stilte nie. Ek het die lig aangeskakel. Lig het die kamer verblind. Ek en Peter het na mekaar gekyk, met afgryse vervul. Raadslid Selvin Cupido sou nie binnekort enige gesondheids- en veiligheidstoekennings ontvang nie. Om nie te praat van die groot vlek wat besig was om om sy kruis te versprei en bygedra het tot die sterk reuk van pie nie.

“Monster,” het ek stil gesê. “Sadistiese vark.” Ek wou hom skop, sy kop tot pulp slaan. Hom laat smeek om genade die manier wat Melissa al daardie jare gelede moes doen. In plaas daarvan het ek op my hak omgedraai , met die gang afgestap en die polisie gebel.

*****

Daar was soveel DNA-getuienis in die huis dat Selvin nie sy pad uit ’n skuldigbevinding kon wurm nie. Hy het verkrummel. Alles vir die polisie vertel.

Luister bietjie. Selvin Cupido het oor my wellustige gedagtes gehad oor die afgelope jaar. Seker oor ek duidelik so baie soos Melissa gelyk het. Sy was sy eerste moord. En ek sou die een wees wat dinge tot ’n volle sirkel sou bring. Hy sou my moes kry voordat hy op sy volgende siklus kon gaan. Grillerig? Dit begin dit nie eers beskryf nie. Geen wonder Melissa het teruggekom nie. Sy moes my waarsku. Uitreik vanuit haar graf en ons maak luister na haar. Al wat ek kan sê is dat ek bly is hulle het vaste bewyse en ’n vaste bekentenis gehad. Hulle wil hê ek moet getuig en ek sal daar wees, om my storie hard en duidelik te vertel. Ek wil daardie man vir ’n lang lang tyd agter tralies sien.

Mnr. Cupido het geweet wat sy seun gedoen het. Hy het hom probeer stop, maar kon nie. En hy wou hom ook nie aan die polisie oorgee nie. In plaas daarvan het hy ons familie se ellende gedeel. Toegekyk in afgryse as sy seun teruggekom het van nog ’n reis na die oop erf op die pad waar Peter vir Melissa ontmoet het. Die erf het aan ou Mnr. Cupido behoort, en hy het geweet waarvoor dit gebruik is. Vir diep grafte, gegrawe in die middel van die nag. Melissa se liggaam was daar, en so baie ander s’n.

Dit is nou verby grillerig: Mnr. Cupido het ook die erf gebruik om groente in te plant. Tamaties, pampoen, aartappels…. Ek weet, julle dink aan mandjies vol groente, reg? Ek wil nie eers daaraan dink nie. Regtig. Laat ons maar net sê ek eet op die oomblik proteïne en koolhidrate. In elk geval, dit het hulle ’n verskoning gegee om die erf te omhein – om mense te verhoed om hulle gewasse te steel. Dit lyk asof Selvin behalwe preie en blaarslaai ook jong meisies geplant het. In totaal was daar nege liggame. Sommige van hulle was te ver ontbind om te identifiseer, maar Melissa se liggaam is soos ’n mummie s’n toegedraai. Selvin was’n siek blikskottel.

Die pa was dus ook skuldig, net so skuldig soos sy seun. Oupie en Ouma vind dit moeilik om te verwerk.

Hulle is ook kwaad vir my. “Jy kon doodgemaak wees,” bly Oupie sê. Maar dan kraak sy gesig in ’n glimlag en hy trek my nader vir ’n drukkie. “My dapper meisie.”

Peter Cho en ek sit dikwels op Melissa se bank. Maar ons spandeer nie te veel tyd op die details wat daardie nag gebeur het nie. Ons is te besig om te gesels, om mekaar behoorlik te leer ken, soos om ’n pers gordel in joejitsoe by die lys van dinge te voeg wat ek van my nuwe kêrel ontdek. Hy weet alles van Ma af en hoe ek haar nie gesien het sedert ek klein was nie. Ek is besig om hom stadig gewoond te maak aan die idee dat ons volgende jaar aan UK saam gaan studeer. Drama vir my. Iets te doen met Fisika en buitenste ruimte vir hom.

Ek leun my kop op sy skouer en kyk op na die sterre, helder in die koue winterlug. Daar’s een wat helderder as die res skyn. Party mense noem dit Sirius. Ons noem dit Melissa se ster.

***

Vertel ons wat dink jy: Glo jy ’n mens kan hulp of boodskappe van mense kry wat reeds dood is?

The End