“Gaan jy ooit van daardie telefoon afklim, my meisie?” het Oupie gesê.

“Hoekom? Dit is die enigste ding wat keer dat ek nie in hierdie plek doodgaan nie.’

“Moenie so sê nie. Jy het my en Ouma vir geselskap.”

“Geen belediging nie, Oupie. Maar ek kannie al my tyd spandeer deur na KykNET te kyk nie.”

Net ’n kykie in my lewe. Vervelig, vervelig,vervelig. Niks opwindends gebeur ooit met my nie.

Wel, draai daardie stelling terug. Ek het sopas die snaaksste ou ontmoet. Peter Cho. (Charlene Peters ontmoet Peter Cho.) Regtig oulik, maar baie vreemd. Of liewer, die rede hoekom hy hier was was vreemd.

Julle gaan dit nie glo nie. Maar dit is wat hy beweer het. Hy het Ouma en Oupie kom sien met hierdie storie dat hy besig was om op sy eie te stap. Hy lyk bietjie na ’n alleenloper. ’n Kat wat alleen loop (ha-ha). In elk geval, hy sê terwyl hy uit was op sy laatnag stappie, het hierdie pop na hom toe gekom, hare ’n gemors, oë wild. OK, dis niks besonders vreemd nie – nog nie. Maar hoor hier: sy het gesê sy is Melissa Peters. Ja, julle het my die eerste keer reg gehoor. Ons Melissa Peters. Soos in my lankal oorlede tannie wat verdwyn het voordat ek selfs gebore is. Pragtige Melissa na wie almal sê ek so baie lyk.

Moet sê, hy het ’n indrukwekkende weer -’n slag- kyk gehad toe ek in die vertrek kom. Asof hy ’n spook gesien het. Wat ek veronderstel hy gedoen het. Ag siestog, tweemaal in een aand was dalk ’n bietjie te veel vir hom. So in elk geval, hy sê Melissa het van nêrens af aangehardloop gekom, hom gesmeek om haar te help en hy het haar na ’n plek hier naby geneem waar hy besig was om huis op te pas, haar binne geneem en haar kalmeer. Maar toe het sy regtig ontsteld geraak en weggehardloop.

Toe kom sien hy ons. Dit nou waar dit regtig vreemd word. En spokerig. Hy sê Melissa het hom vertel dat Mnr. Cupido – dis reg, ou Cupido wat langsaan gebly het – die een was wat Melissa ontvoer en doodgemaak het. Ek kon dit nie glo nie. Dierbare Mnr. Cupido wat altyd so gaaf teenoor Oupie en Ouma was? Ek kan hom net nie sien as iemand wat jong meisies van die strate af sal gryp nie. Maar dan, “ander man se boeke is duister”. Julle ken die uitdrukking nè?

Hierdie Peter Cho ou wou nie dadelik alles vir Ouma en Oupie vertel wat sy vir hom gesê het nie, maar uiteindelik het hy tog maar. Volgens haar het Mnr. Cupido haar gevang en vasgebind …. en verkrag. Ek haat dit om selfs daaraan te dink, maar dis wat hy gesê het. Siestog, Oupie het gelyk asof hy wou huil. Ouma het. Sy het daar gesit met trane wat van haar wange afgestroom het en toe ek vir haar ’n snesie gegee het, het sy verbaas gelyk, asof sy nie eens geweet het dat sy huil nie.

Ek moet vir julle sê, ek het regtig nie toe van Peter Cho gehou nie. Hoe kon hy dit doen? Kom in jou lewe in en bring ou herinneringe terug, maak ou wonde oop en laat hulle weer bloei. Wys ’n vinger na ’n gawe ou man wat dood en begrawe is en homself nie kan verdedig nie. Ek bedoel, hoekom sou Melissa nou terugkom, wanneer daar niks nuttig daarin is nie? Dis nie asof die polisie enigiets kan doen nie. En selfs al kon hulle, sou hulle tyd en mannekrag spandeer op ’n dooie ou man, wanneer daar so baie misdaad besig is om te gebeur? Genoeg om die polisie besig te hou sonder om na die verlede terug te keer.

Ek het na buite toe gegaan nadat Peter Cho weg is en daar het Oupie op die bank gesit, langs Tannie se altaar. Ek het hom gevra of hy enigiets gaan doen, maar hy het net sy kop geskud.

“Wat is daar om te doen , my meisie?” het hy gesê. “Sy is weg. En, as ons hierdie jong man kan glo, weet ons te minste wat met haar gebeur het. Mnr. Cupido…” Hy het sy kop geskud. “‘n Pilaar van die gemeenskap. En Selvin. Nog ’n goeie man. Wyksraadslid, net soos sy pa. Waarom sal ons vir hom moeilikheid maak? Kinders behoort nie vir hulle vaders se sondes te betaal nie.”

“Maar ons kan dit nie net so los nie, Oupie. Ons moet uitvind wat presies gebeur het. Vir Melissa.”

“Ek het gesê nee, Charlene! Dis in die verlede, los dit nou daar.”

Die pyn op sy gesig was te veel vir my. Hy wou net vergeet van alles wat gebeur het en ek blameer hom nie. Ou Mnr. Cupido was een van sy beste vriende. En nou was die herinnering aan sy vriend besoedel deur Peter Cho.

Hy het kerse vir Melissa opgesteek soos hy altyd gedoen het, en lig het op die foto geflikker. Dit was koud en mistig en daar was kondensasie op die glas in die raam. Daar was Melissa, en sy het vanuit die foto gekyk. Vir die eerste keer het ek gedink haar glimlag het hartseer gelyk, en die druppels water wat van die glas afgerol het … OK,OK, ek weet ek is die dramakoningin in die familie – maar dit het gelyk asof sy gehuil het.

Miskien het sy nie vrede nie? Miskien is daar ’n rede vir alles wat gebeur het? Ek wens net ek het geweet wat dit was.

***

Vertel ons wat dink jy: Stem jy saam dat hulle moes uitvind wat gebeur het? Hoekom of hoekom nie?