Noluvuyo het haar oë oopgemaak. Dit was Dinsdagoggend – die vierde dag sedert haar suster van hulle af weggeneem is. ’n Nuwe gevoel van hoop het in haar hart geBrand. Nou sou niks gebeur om dinge weer op te mors nie. Hulle familie sou weer heel wees. Sy het haar horlosie van die spieëlkas af opgetel en dit gekontroleer. Dit was alreeds ses dertig en die son was al besig om deur die wolke buite te breek. Daar was nie baie tyd nie. Sy moes die dokumente na Michelle neem sodat hulle haar suster kon gaan haal.

Nadat sy haarself reggemaak het vir die dag en die kinders vir die skool, het sy haar skooltas gegryp en dit op die bed leeggemaak. Daar was geen tyd vir skool vandag nie. Sy het ’n familie gemors gehad wat sy vandag moes opruim. Nadat sy Michelle se dokumente netjies in die sak gepak het, is by die deur uit.

Joseph was daar om haar na die kampus te neem. Die rit het korter as gewoonlik gevoel; maar so ook die stap na Michelle se kantore. Noluvuyo was opgewonde en senuagtig. Uiters senuagtig. Niemand kon dit ontken nie. Miskien is dit hoekom dinge so vinnig gegaan het.

Binnekort het hulle Michelle se kantoor verlaat. Hulle reis na die Mitchell’s Plein Polisiestasie het gevoel of dit in ’n oogwink verby was. Dit het gevoel asof hulle slegs tien minute vroeër uit Bellville is toe hulle daar aangekom het.

Noluvuyo was eerste om uit die kar te klim. Die polisiestasie het intimiderend gelyk. Waar in hierdie massiewe plek is haar suster aangehou?

“Ek kan sien jy is angstig, hè” het Michelle gesê, en opgemerk hoe Noluvuyo aanhou vroetel het op die pad daarheen.

Yho, jy het geen idee nie, Mevrou. Dit sal soveel vir my familie beteken om my suster terug te hê.”

Joseph het haar ’n drukkie gegee en gesê dat hy buite in die kar vir hulle sou wag. Die twee het die gebou binnegegaan en na die vroulike beampte agter die toonbank geloop. Dit was stil in die reuse ontvangsarea. Slegs Michelle se hoë hakke kon gehoor word soos dit teen die teëls geklik het.

“Haai. My naam is Michelle Van Vuuren en ek is die prokureur van Mavis Boniswa Fanteni, een van die mense wat julle op Vrydag gearresteer het.” Die beampte het vir ’n sekonde gevries. Sy het geskok gelyk. Maar toe het sy begin glimlag.

“O. Ek sien. Ek dink ek weet van wie u praat. Ons het juis voorberei om haar vanoggend hof toe te neem.”

“Sien jy niks verkeerd met wat jy so pas gesê het nie?” het Michelle gevra, ’n skerpte in haar stem.

Dit het gelyk asof die beampte nie geweet het wat om te sê nie.

“Wel, eerstens moes julle nie my kliënt vir die hele naweek gehou het nie en haar gister reeds hof toe gestuur het .”

Die beampte het gelyk asof sy baie onkant gevang is. ’n Ander beampte het nader gekom en by Michelle gepleit om sagter te praat, maar sy het hom net ’n koue kyk deur haar bril gegee. En hy het die pad gevat.

“Ons voertuie het probleme gehad en is ingestuur vir herstelwerk,” het die vroue beampte uiteindelik geantwoord. Maar selfs Noluvuyo het kwaad geword hieroor; Michelle nog meer.

“Ek wed julle het haar nie eers gesê dat sy die reg om ’n prokureur het indien sy een wou hê nie? Het sy ooit geweet van haar reg om stil te bly en nie vrae te antwoord sonder dat ’n prokureur teenwoordig is, as sy nie wil nie? Het jy haar gesê sy het die reg om my en haar familie te bel? Het jy?”

Die beampte het uiteindelik haar kalmte verloor. Sy het die stempel op die dokumente geslaan waarmee sy besig was.

“Hay’suka,man, sund’gezela apha! Elanxilakazi liqale nini ubanamalungelo, –

Hou op om my gas te gee! Sedert wanneer het daardie alkoholis regte?”

Noluvuyo het verstaan wat die beampte gesê het, maar die prokureur duidelik nie, of sy sou so kwaad wees soos Noli nou was. Hoe kon die polisie dit aan haar familie doen?

Mavis het in die aanhouding sel gewag. Sy het alle hoop verloor dat iemand haar sou kom red. Maar die gebewe het ten minste opgehou. Haar visie was weer normaal. Haar ore was nie meer so sensitief vir harde geluide nie. Die Brandewynmengsel het regtig gehelp.

Sy was alleen in die sel.

Sy het voetstappe gehoor en toe die harde stem van iemand wat vir iemand skreeu. Dit was die vroue beampte wat haar geklap het. Maar sy was nie alleen nie. Sy was saam met ’n formeel geklede wit dame en nog ’n manlike beampte.

Die wit dame het die beamptes aangesê om die hek oop te maak, “my kliënt moet haar kinders gaan sien!”

My kliënt? Mavis het gewonder. Het iemand vir haar ’n prokureur gekry? Kon sy uiteindelik huistoe gaan na haar familie toe? Toe het sy iemand anders hoor aankom. Maar hierdie keer hoef sy nie vir selfs een sekonde langer te gewonder het wie dit is nie, want dit was Noluvuyo en ’n ander beampte.

Mavis en Noli het albei hulle pad oopgedruk deur die beamptes en reg voor die sel omhels. Span Fanteni het sy kaptein terug gehad.

“So, ons stem saam dat julle my kliënt nou dadelik borgtog sal gee?” het die vrou vir die beamptes gevra.

“Ja, Me Van Vuuren,” het die vroue beampte gesê, terwyl sy nogal ongelukkig gelyk het by die gedagte om Mavis te laat gaan. “Sy kan haar klere bo gaan haal. En dan kan sy môre hof toe gaan.”

Vir Mavis was dit toorwoorde. Sy het vorentoe gespring en Michelle omhels en Noluvuyo het ook kom deel. Die drie dames het toe boontoe gegaan om Mavis se klere te gaan kry. Hulle was op pad huistoe.

*****

Mavis het haar oë oopgemaak. Sy het opgekyk en het die geroesde sinkplate gesien by die plekke wat nie met plafonne toegemaak is nie. Sy het ’n klein handjie op haar gevoel. Dit was haar hut en sy was daarin. En dit was Siphosethu se hand wat op haar gerus het. Sy was tuis. Uiteindelik.

Sy het opgestaan en op die kant van die bed gaan sit. Nadat sy onder die bed ingestrek het, het sy haar werksak uitgetrek. Daar was iets belangrik daarin. Sy het in die sak gekrap totdat sy die stukkie papier gekry het. Dit was die brief wat sy aan Zuziwe geskryf het. Sy het dit opgeskeur. ’n Brief was nie genoeg nie. Sy moes saam met Zuziwe en die res van die familie gaan sit het en alles verduidelik het. Maar vandag was nie die dag daarvoor nie. Sy moes in die hof wees.

En toe, sonder enige waarskuwing, die vreeslike klank van glas wat breek en die res van die familie wakker gemaak het en Mavis laat opspring het van vrees. ’n Stamp van hulle sementvloer kon gehoor word. ’n Stem het buite geskreeu. Mavis het versigtig geluister. Dit was
Sakhumzi. Hy was woedend.

“Kom uit jou teef! Wat het jy vir daardie polisie vertel? Hoe het jy uitgekom?”

Mavis het versigtig na die venster gegaan. Hy het ’n baksteen gegooi om die venster te breek en sy het verwag dat nog een sou deurvlieg. Maar sy kon nie dit waag om uit te gaan en hom te konfronteer nie. Hy het dronk geklink. Hy was gevaarlik as hy dronk was. Noluvuyo het uit haar kamer uitgehardloop gekom met haar foon in haar hand. Sy was besig om met Joseph te praat.

“ Is dit Sakhumzi? Yho, wat gaan ons nou doen?” het sy paniekerig gevra. Sy het vinnig 10111 geskakel. Dit het deurgegaan.

“Hier’s ’n man hier!” het sy in die foon geskreeu. “Hy gaan ons doodmaak! Help asseblief!”

“Sisi, kalmeer,” het die vrou aan die anderkant van die lyn gesê. “Wie is jy en waar is jy? En wat doen daardie man nou? Vertel ons asseblief jou naam, adres en hoeveel mense by jou is.”

Noluvuyo het diep asemgehaal. Dit het gehelp om haar te kalmeer, “Ek’s by my suster en haar twee kinders. Hy skreeu dat hy ons gaan doodmaak as ons teen hom getuig in die hof. My naam is Noluvuyo Fanteni. Ons bly in die eerste straat as jy draai van -”

Maar skielik is die oproep afgesny. In haar paniek het sy die kragknoppie gedruk. Hulle sou Sakhumzi nou op hulle eie moet aandurf. Om 10111 weer te bel sou te lank neem. So geen polisie sou hulle kom help nie. Maar toe hoor sy iets snaaks en het na die venster geloop om te sien wat aan die gang was.

“Laat my los! Wat de fok doen julle? Los my!”

Ta Steve en Ta Michael het Sakhumzi neergevel. Hulle was nog in hulle sekuriteitsuniforms. Hulle moes oppad gewees het vanaf nagskof en gesien het wat aan die gebeur was.

“Nee!” was Ta Steve se antwoord. “Ek sal jou nie laat gaan totdat die polisie gekom het nie.”

Hy het sy handboeie afgehaal en hulle om Sakhumzi se polse gesluit. Sakhumzi het op die grond bly lê en aangehou beledigings na Mavis roep.

“Jy is niks sonder my nie! Ek was die een wat jou gehelp het toe jou man jou gelos het, jou teef!”

Binnekort was die polisie daar sowel as Joseph wat probeer het om Noli terug te bel en geen antwoord kon kry nie. Die polisie het Sakhumzi gearresteer en Joseph, Noluvuyo en Mavis het gekyk hoe hulle hom in die polisiewa stoot en wegry. Hierdie keer het hulle die regte persoon gehad.

Hulle het saam buite gestaan toe Mzwandile en Siposethu uitgehardloop het en hulle arms om hulle ma geslaan het. Span Fanteni was weer saam, met Joseph, hulle ere lid!

Voorspel

Mavis het haar dag in die hof gehad. Daar was ’n verhoor. Haar familie was daar om haar te ondersteun. Michelle het as haar prokureur opgetree dwarsdeur die verhoor en uiteindelik is Mavis vrygespreek.

Mavis het vir haar hele familie en Michelle om hulp gevra. Op die ou end het Michelle vir haar ’n goeie rehabiliteringsplek gekry en daar gebly gedurende naweke. Aan die einde van ses maande was sy skoon.

Met Mavis wat die kinders behoorlik versorg het , kon Noluvuyo hard studeer vir matriek. Sy het selfs by die debat aangesluit by die skool.

Terwyl Mavis gedrink het het dit gevoel asof hulle almal in die tronk was. Maar nou was hulle vry!

Die Einde

***

Vertel ons wat dink jy: Wat dink jy sal ‘Span Fanteni’ in die toekoms bymekaarhou?