“Is jy nie honger van al daardie bestuur nie?” het ek gevra toe ek die laaste slukkie Coke afsluk.

“Nie regtig nie. Om na jou te kyk het my honger weggeneem. Jy lyk mooi nou,” het hy gesê. “Maar jy moes honger gewees het, nè?”

Ek het my kop geskud.

“Moenie bekommerd wees nie Rudo. Ek beloof om goed vir jou te sorg en vir jou alles te gee wat jy wil hê,” het hy gesê terwyl hy aan my wang raak en oorleun om my te soen.

Hierdie ou man wou iets gehad het omdat hy my gehelp het. Ek het nie van die manier gehou wat hy aan my geraak het en my gesoen het nie. Ek het sy hand hard weggestoot.

“Stop dit asseblief! Ek het gedink jy wou my help. Usandibate! (Moenie aan my raak nie!)”

“Wie het gesê jy kry gratis goed in Mzansi? As jy nie met my seks wil hê nie, kan jy uit my trok klim,” het hy vinnig gesê. Hy het my uitgedaag om nee te sê. Hy het geweet dat hy nou my enigste hoop was.

Die son was alreeds aan die ondergaan en om in die middel van nêrens, alleen te wees, was ’n angswekkende gedagte. As ek nie sou toestem tot wat hy wou hê nie, sou hy my alleen los en ek sou nooit my pad na Kaapstad kry nie. Om langs die pad te staan en vir nog ’n geleentheid te wag, sou ’n stryd gewees het.

Dus het ek toegegee aan hom en met hom seks gehad op die bed agter die sitplek in die trok.

Terwyl dit gebeur het, en hierdie ou man bo-op my was, was my gedagtes baie ver weg in Harare. Ek het aan my twee jonger broers gedink. Mike was die tweede een in ons familie. Hy was veertien, twee jaar jonger as ek en baie intelligent. Hy het my altyd gehelp om die tafel te dek. Kudzi was slegs ses jaar oud en was afhanklik van ons twee om elke dag vir hom kos te bring.

Sam was oud genoeg om my pa te wees. Ek het gewens dat my ouers nie in die motorongeluk gesterf het toe ek elf was nie. Ten minste het hulle vir ons ’n beter lewe gegee as hierdie een waar ons moet bedel en deur mense misbruik word wie ookal kies om ons te misbruik.

“Wow, dit was nou goed,” het Sam vrolik gesê terwyl hy van my afrol. My oë was tranerig. Ek het eenkant toe gekyk sodat hy nie die pyn kon sien wat ek voel nie. Ek het myself toegelaat om saggies te huil totdat ek in ’n diep slaap geval het.

Sam het vinnig begin ry, oppad na Johannesburg. My liggaam het gevoel asof dit geduikklop is en ek het vir ure geslaap. Ek het eers wakker geword toe ons in Johannesburg gekom het.

***

Vertel ons wat dink jy: Sou jy wat met Rudo gebeur het as verkragting beskryf? Hoekom of hoekom nie?