Joey hardloop sonder enige sin vir rigting, sy oë vol vrees. Hy asem diep, hortende teue lug in. Hy loer oor sy skouer na sy agtervolger, maar die man is nêrens te siene nie. Miskien het hy hom afgeskud.

Joey kan nog hardloop danksy sy gereelde vroegoggendsessies op die strand. Terwyl hy hardloop, voel hy iets in sy sak rondstamp. Hy voel rond en trek ’n skroewedraaier uit. Dis Eugene s’n, die een wat Joey gebruik het om ’n skroef aan sy motor se enjin stywer vas te draai.

Joey se seningrige bene behou hul ritme. Elke tree stuur skokgolwe in sy ruggraat op tot reg in sy agterkop. Die straatligte se strale skram blink van die skroewedraaier af, wat Joey steeds styf in sy regterhand vasklou. Sy duim klem om die bokant van die hef sodat dit nie gly nie.

Hy hardloop om die draai en swenk, gly oor ’n kol gruis in die pad. Hy herwin net sy balans, toe die skynsel van swart water voor hom verskyn. Hy kry homself nie gekeer nie en hardloop reg deur dit. Die yskoue water vertraag sy pas. Aan die ander kant gooi homself op ’n kol gras op die plaveisel neer en probeer sy asem herwin. Hy luister gedisoriënteerd na die naggeluide om hom, terwyl sy borskas steeds op en af dein.

Die geklap van voete wat oor teer hardloop bring hom terug na sy sinne. Sy bene kraak toe hy opstaan en weer begin hardloop. Daar is ’n verlate gebou regs van hom, ’n enkele gebou wat deur ’n sonskerm beskut word.

Net toe hy die gebou nader, verskyn ’n donker figuur uit die skaduwee en hardloop reg op Joey af. ’n Enkele geluid soos die gekras van ’n seemeeu ontsnap uit Joey se mond toe die geweer amper in sy gesig afgevuur word. Die koeël waai verby sy linkeroor, maar hy hardloop reguit aan in die man vas ­­– en plant die skroewedraaier tot by die hef in die man se bors.

Joey leun swaar teen die gewapende man se arm toe die man probeer om die geweer te laat sak om na Joey te mik. Joey trek aan die skroewedraaier, maar dit roer nie.

Hy tree rats uit die pad, stoot sy regterheup in die man se maag vas en probeer die geweer by hom wegvat. Die man se hande en klere ruik sterk na dagga. Dis die gewapende man wat in die stasie was. Toe die man die grond tref, laat hy die geweer val. Joey klou aan die skroewedraaier se hef. Die man probeer praat deur die bloed wat by sy mond begin uitborrel.

Joey hyg en staar na die spinnekop-tatoeëermerk op sy aanvaller se adamsappel. Nuuskierig maak hy die man se hemp los. Op elke skouer is drie sterre getatoeëer – die tatoeëermerke van ’n generaal in die Nommer-tronkbende.

***

Vertel ons wat jy dink: Het Joey te veel hooi op sy vurk geneem deur met ’n bendelid te bots?