“Hoeveel keer moet ek vir jou sê om weg te bly van daai skollievriende van jou?”

“Ma hoef nie te skree nie, ek is nie doof nie,” sê Angelo.

“Rêrag? Mens sal sê jy is ’n bietjie doof, want ek het meer as een keer gepraat.”

“Gepraat ja, maar nie geluister nie. Ma praat net en skel net. Ma weet nie eers wat ek deurgaan nie. Ek sal ook … ag, los dit net.”

Ek is besig om my kind te verloor. Hy praat nie saam my nie, hy sê ek verstaan hom nie.

“Angelo, jy weet daai’s nie waar nie, jy kan saam met my gesels oor enige iets my kind.”

“Ha! Ja, right,” he says and walks away.

“Angelo!”

“Wat!”

“Jy skree nie vir my ‘Wat’ nie! Praat saam my!”

“Hoekom is Pa dood?” skree hy skielik.

Stilte.

“Ek wil weet, hoekom is Pa dood? Hoekom is hy nie die een wat altyd daar sal wees vir my nie? Hoekom moes Ma altyd alleen wees? Het God skielik iets so bad in my gesien dat hy my pa vat? Is ek dan so ’n bad ou. Ja, ek weet ek is bad in skool. Maar ek dink ek deserve ook ’n pa.”

Daar’s trane in my oë terwyl ek na my kind se hart luister. “Angelo …”

Ek sê niks, ek gryp hom net, en gee hom ’n druk. Hy begin te huil, en huil en huil. ’n Gebreekte, stukkende hart sonder woorde om dit reg te maak. Ek voel hulpeloos. All that I can do is hold my child and cry with him. Ek huil vir al die kinders net soos my kind, wat sonder ’n pa moet opgroei, because of gang violence. Ek huil vir al die ouers wat nou niks kan doen nie, behalwe om hulle kind vas te hou en saam te huil.

Ek sê ’n gebed in my hart. Ek bid vir my kind om nooit ooit ’n skollie te word nie. God, asseblief tog, keer my kind, stuur hom na die regte pad en nie dieselfde pad soos sy pa nie.

***

Tell us: Why do you think Petronella doesn’t want to tell Angelo what happened to his father?