from: Levi Sekgapane
to: David Matiwane
date: 5 November 2016 at 19:22
subject: nuus van Levi

Hi David

Sjo, dit was alles so intens sover. Maar moenie worry nie, ek’s fine.

So, ek het Triangle Project gevind. Hulle’s sooooooo dope.

Ek het sommer dadelik een van hulle counsellors ontmoet. Haar naam is Trish en sy is cool. Sy het rooi hare en sy trek rêrig fly aan. Sy’s soos in 24 en het ʼn graad in Gender Studies van UCT. Wie sou kon raai jy kan dit even studeer? Miskien sal ek dit gaan studeer. As ek Uni maak. Ons sal sien.

Die mense is so vriendelik hier dis asof ek droom. Hulle is soos … familie. Soos familie behoort te wees.

Sy het na alles geluister wat ek gesê het en toe ek ʼn bietjie huil het sy my laat huil en my nie probeer stop nie. Sy is so cool en gaaf en so nice. Hulle is ook nie pushy nie. Hulle laat jou net praat.

Soooo die bottom line is dat hulle nie ʼn koshuis hier het soos ek gedink het nie. Ek het gedink dis soos ʼn, wat noem jy dit? Safe house. Waar gay mense soos ek wat van hul huise weggedryf is kan bly tot … tot …

Wel ek weet nie tot wanneer nie. Maar anyway.

So ek het ʼn uur met Trish gepraat en sy het my tee en ʼn chicken mayo-toebroodjie gegee. Ek het dit so gou gescoff jy moes dit gesien het, lol. Ek het nie kos gebring nie.

Toe roep sy een van haar kollegas, ʼn ouer bruin ou, Vernon, en sy vra, “Sal ons hom in die shelter in kry?” en ek sê “Watse shelter?”

Ek wou nie na ʼn skuiling gaan nie, ek het gedog dis vir homeless mense. Trish het verduidelik dat dit tegnies vir haweloses of ‘displaced’ mense is, maar ek hoef nie te worry nie, want dis skoon, veilig, ens. Sy’t wel gesê dis baie basies en nie ʼn hotel nie. Sy’t gesê dis meer soos ʼn koshuis.

So dis van waar ek nou skryf. Die skuiling. Hulle het ʼn biblioteek en wifi. Hulle keuse boeke is nie die beste nie, moet ek sê.

Maar die kos is … ek gee dit ʼn 5/10. Die stew is okei, maar kom nie naby Auntie Blessing s’n nie.

Ek mis jou.

Daar is ʼn paar nogal interessante mense hier. Ek het ʼn prostituut ontmoet wat so erg geslaan is dat sy haar geheue verloor het. Hoe hectic is dit. Next level.

En daar is hierdie sweet ou lady, Mary, wat haar man verloor het en nie werk gehad het nie en home-made necklaces by die robotte verkoop, maar toe het sy ʼn stroke gehad het en kon dit nie meer doen nie, so nou bly sy ook hier.

Sy leer my om te brei. Sy het vier bolle wol gekoop met ʼn bietjie geld wat haar stiefseun vir haar gestuur het (hy bly in KZN). So nou brei ek vir my ʼn beanie. Wil jy een hê? Ek het rooi, bruin, blou en pienk.

Lol, ek sal vir jou ʼn pienk een maak.
Grappie!!
Lol.

Ek is okei. Ek voel nogal eensaam. Daar is ʼn paar jong mense hier maar ek voel steeds nie tuis nie. Hulle laat ons chores doen en ek gee nie om nie, rêrig, maar dis ʼn bietjie … ek weet nie. Dit voel ʼn bietjie asof ek in ʼn verbeteringskool is. Asof ek iets verkeerd gedoen het. Het ek iets verkeerd gedoen? Ek dink nie dis verkeerd om jouself te wees nie.

Hulle het vir my ʼn berader gereël wat my elke week kom sien vir ʼn talk. Haar naam is Thembi en sy’s nogal nice en als, maar ek weet nie. Sy vra my goed oor die huis en ek weet nie hoe om aan haar te verduidelik hoe ek my lewe haat nie. Ek het begin, maar sy lyk nogal gestres. Sy’s cool, maar dis haar werk, sy moet na so baie mense luister.

Sy het my wel ʼn nommer gegee, van iemand naby my huis wat vir die Project werk; dis soos in iemand met wie ek kan gaan praat, en ek kan na die meetings gaan wat hulle in veilige plekke het waar mense soos ek kan share. Soort van soos ʼn veilige plek naby die huis.

Ek het vriende nodig. Regte vriende. Ek het jou nodig.

***

Vertel ons: Hoe sou jy voel as jy ʼn brief soos dié sou kry van iemand wat jy ken? Wat sou jy doen?