“Hoeveel mense het jy genooi om met die ouers te kom praat?” vra Mnr. Cloete, en merk hoe die paniek in Nthabiseng oplaai. Hy kyk oor sy skouer, en wag op ’n antwoord. Met die hulp van Mthobeli, is hy besig om ’n plakkaat op te hang voor die klein gemeenskapsaal. Daar is slegs ’n handjievol mense wat in die stoele sit in die voorste ry; die res is leeg. Maar Mthobeli en sy ma het nie teleurgestel nie. Hulle was van die eerste mense wat aangekom het.

Mthobeli het geweier om met gevoude hande te sit, en wag dat almal moes aankom. Hy het sy moue opgerol en sy lang kierie neergelê by sy ma se voete. “Laat ek Help, Mnr.Cloete. Jy kan nie daardie plakkate alleen ophang nie.”

Nthabiseng antwoord uiteindelik. “Ek het al die ouers genooi wat ek kon kry. En ek het ook die kinders gevra om die boodskap te versprei.”

“Nee, jy verstaan my nie. Ek vra of jy meer as een van die Departement af genooi het.”

“Ek het twee mense genooi, ’n vrou en ’n man. Ek wou sien watter een van hulle sou kom. Hulle het albei bevestig. Nou hoop ek net die ouers kom uit. Ek is so senuagtig, Mnr.Cloete.”

Hy lag. “Kalmeer. Ek seker dit sal alles reg wees. As hulle hier kom sal hulle verstaan dis meer van ’n aanvanklike vergadering, nie ’n fondsinsameling nie. Die fondsinsamelings sal kom soos die jaar voortgaan.”

Publieke vyand nommer een’. Dis wat hy gesê het wat hierdie my sal maak. “So wat het jou van gedagte laat verander dat ek met die gemeenskap en fondsinsameling moet begin? Jy het gesê ek moes dit kanselleer, met die onderwysers begin, onthou?”

“Die kinders het. Ek het net aan hulle gedink. Ek het besef wat dit vir hulle kon beteken en ek wou dadelik hier wees. Dis baie belangrik.”

“Dankie, Mnr.Cloete. Baie dankie.”

Die volgende halfuur vlieg verby en die saal word heeltemal vol. Sy kyk trots toe vanaf die agter kant van die saal. Die amptenare van die Departement sit alreeds op die verhoog. Mnr.Cloete gee die teken dat dinge kan begin. Hy tel sy hande op, soos ’n pastoor wat die gemeente tot stilte roep.

Nthabiseng kan nie ophou peuter aan haar uitrusting nie; haar senuwees laat haar voel asof dit nie pas nie en dat haar pienk baadjie te klein is. Sy haal diep asem en klim ook op die verhoog. Stop om so paniekerig te wees. Sy maak haar keel skoon en berei voor om haar stem oor die saal te projekteer, die hele pad tot by die agterste ry stoele.

“Eerstens, laat ek begin om die ouers te groet wat tyd van hulle dag afgeknyp het om hierheen te kom. Dankie dat u gekom het. Laat ek ook twee gaste van die Departement groet.” Sy glimlag en knik in hulle rigting.

“Toe ek besluit het om dit te doen, het ek dit ’n fondsinsameling genoem. Maar om eerlik te wees, dis nie ’n fondsinsameling nie – nog nie! Dis ’n geleentheid om te praat. Dis almal se kans om saam te kom en te praat oor sommige van die probleme by ons skool. Die fondsinsameling kan later kom…”

Toe sy haar inleiding voltooi het, roep Nthabiseng die senior amptenaar op om te praat.

“Dankie, Juffrou Khothe. En dankie dat u ons genooi het. My naam is Thabang Ranaka en my kollega hier is Nandipha Ntebe. Ek wil vandag hier verduidelik dat die Departement omgee. Ons gee om vir elke kind daar buite wat alreeds in die sisteem opgeneem is en die kinders wat vassit op waglyste in die hoop dat skole hulle sal neem …”

Sommige lede van die skare begin alreeds brom en sy woorde verwerp.

“Ek vra dat ons mekaar vandag sal respekteer, selfs al stem ons nie saam met die dinge wat gesê word nie,” sê hy en klink effens geïrriteerd.

Nthabiseng is op die punt van haar stoel in afwagting. Moet asseblief nie dit opmors nie.

“Indien u ons gerespekteer het, sal u nie ons tyd mors met leë beloftes nie!” roep ’n stem vanuit die gehoor.

Nthabiseng herken nie die stem nie. Sy kyk deur die gehoor om die gesig te vind. Sy kry dit nie. Moet asseblief nie dit opmors nie.

“Ons weet dat die onderwysers hier onder baie druk verkeer. Dis ’n ambisieuse projek; dis nie maklik om ’n onderwyser te wees by ’n volle dienste skool nie. My pa, was vir tien jaar ’n onderwyser by so ’n skool. Ek onthou hoe moeg hy altyd was, selfs op naweke. Maar hy het dit hanteer. En as hy dit kon hanteer, kan die onderwysers by Phandulwazi ook uithou tot die Departement begin om verbeteringe te maak.”

Dieselfde stem as te vore roep weer iets. “Wat help dit ons as al daardie geld na die dom gestremde kinders gaan?”

Mthobeli se ma staan op. “Gaan terug na die sjebeen waar jy vandaan kom, jou duiwel! Moet my kind nie die hulp kry wat hy nodig het nie?”

’ n Ander vrou van die agterste ry roep uit: “Jy het ons ’n guns gedoen toe jy daardie kind uit Phandulwazi geneem het. Neem hom terug na waar hy voorheen was.”

Mthobeli se ma verloor haar kop van woede, en laat ’n vreeslike gil uit en skreeu: “Jou bose sondaar! Om so iets te sê …” Die hele saal breek uit in oproer. Stemme wat beledigende dinge sê roep van alle rigtings.

Staan op. Praat. Dit is jou gebeurtenis. Maak dinge reg.

Nthabiseng staan op van haar stoel langs die tafel op die verhoog. “Laat ons almal asseblief kalmeer! Praat asseblief sagter en laat een persoon op ’n slag praat!” Sy praat so hard as sy kan, maar sonder sukses. Die geraas hou aan. Sy gee Mnr. Cloete ’n ‘help-my- asseblief’-kyk. Hy gryp die hamer wat hy gebruik het om die plakkate op te hang en slaan dit op die tafel. Die geweerskoot geluide maak die skare stil, en almal word stadig stil en gaan sit weer.

Nthabiseng praat ferm, haar stem sterk.

“Al die Dordrecht-kinders het ’n reg tot skool, om te leer wat hulle kan. Geen kind behoort by die huis te sit nie. Ek wil hê dat die kinders sonder gestremdhede alles moet hê wat hulle nodig het om te leer. Maar op die oomblik is die waarheid dat die skool hulle baie beter versorg as die kinders met gestremdhede.

“Dit is iets wat ek weet, want ek werk met die kinders met gestremdhede by die skool. Dinge kan nie so aangaan nie. Ek kan deur ’n lang lys van verskillende gestremdhede gaan waarmee die kinders kom, maar ek sal nie. Weet net dit, hoe erger die gestremdheid hoe meer hulp benodig die kind. En hoe minder hulp kry hy of sy! Is dit regverdig? Al wat ek vra is dat die skool al die kinders moet leer, nie net sommiges. Mense moet ophou praat van klein gestremdhede en grotes. En oor kinders wat geld mors wat bedoel is vir kinders wat nie gestremdhede het nie. Dis nie reg nie.”

***

Vertel ons: Wat is die houding teenoor gestremdheid en opvoeding by ouers in jou gemeenskap?