Mtwazi. Zenze. Adams. Voetsek.

Dis nog stil, niks anders as die ander dag nie. Registrasie vind plaas maar die skool se onderrig jaar het nog nie begin nie.

Haar klas is aan die agterkant van die gronde, in die laaste ry. Op haar pad is sy verras om te sien dat Me Zenze uit een van die klasse loer terwyl sy verbyloop. Die vrou is vriendelik – te vriendelik– veral na wat Ta Sbu haar hoor sê het.

Voetsek.

Nthabiseng wil deur die pretensie sny en reguit gaan na wat Ta Sbu haar vertel het, maar sy word afgelei deur die klaskamer situasie wat sy raaksien. Die klaskamers is skoon en nuut geverf, met mooi uitgespreide banke. Me Zenze se klas is nie anders nie. Daar’s genoeg plek om selfs kinders in rystoele te akkommodeer.

“Nthabi” groet Mev Zenze met ’n glimlag.

Sy vertrou nie hierdie vrou nie. Sy is ’n tweegesig.

“Dis goed om jou in die nuwe jaar te sien. Jy het alreeds daardie ernstige uitdrukking op jou gesig.”

Ernstige uitdrukking? “Wel, as dinge so is by die skool, betreffende die kinders met gestremdhede waarvoor ek in diens geneem is om na te kyk, is dit nie maklik om te glimlag nie.”

Yabona ke mna as jy so praat wens ek jy wil net wegbly van my af. Ons doen ons bes hier. Hoekom kan jy dit nie verstaan nie?”

Nthabiseng kan voel hoe die walging ’n knop in haar maag vorm. “Hoekom kom mense bymekaar en praat nonsens oor my?” bars sy uit. “Al wat ek wil hê is dat ons die beste wat ons kan doen vir elke student wat ons hier het,” gaan sy voort.

“Miskien moet jy vir die Departement gaan werk, maar nie in ’n skool nie, Nthabiseng. Hulle betaal swak, maar laat ons soos donkies werk. Het jy party van die kinders in my klas gesien? Een van hulle is in ’n rystoel, kannie eers ’n pen behoorlik vashou nie. Wat kan ek daarmee doen?”

Nthabiseng probeer haarself kalmeer. “Me Zenze, ek weet dinge is moeilik vir ons. Op hierdie oomblik het ons nie eers projektors of Braille-masjiene vir die kinders wat nie behoorlik kan sien nie, nie genoeg rystoel opritte nie. Ons het nie steunpersoneel om diegene te help wat dit nodig het vir lees, skryf of om in die skool rond te beweeg nie. ’n Raadgewer. Maar ons kan nie die kinders straf vir die tekortkominge van die Departement nie. Ons moet omgee, ons beste vir hulle doen.”

“Ek’s vyf en dertig, jy’s vyf en twintig. Vir my is jy ’n kind. Moenie daardie evangelie vir my preek nie! Selfs die Hoof praat nie so met my nie. Hy weet wat ek dink. Hy weet ek wil nie hê dat hierdie skool kinders met gestremdhede neem nie. Dit werk nie.”

Nthabiseng gooi haar hande in frustrasie in die lug en loop uit die klas uit. Los haar. Moenie baklei nie.

“Moenie iets begin wat jy nie kan klaarmaak nie, meisie!” roep Mev. Zenze agter haar aan.

Mnr.Cloete. Sy moet hom gaan sien. Hy is een van die min mense wat moeite gedoen het om te luister as sy die idee van ’n fondsinsameling vir noodsaaklike toerusting na vore gebring het. Die res van die personeel het nie eers na haar gekyk toe sy gepraat het nie.

Sy loop op die stoep na die middelste ry klaskamers. Me Zenze en Mnr. Cloete se klasse is beide daar, met die groot vierkant wat hulle skei van die eerste ry. Sy deur is soos gewoonlik wyd oop, en hy sit by die venster, diep in gedagte.

“Mnr.Cloete,” sê sy, en kondig haarself aan. Ek sien jy is al reeds terug by die werk.”

Op ’n manier het sy verwag dat hy ’n bietjie hernu en verfris van die vakansiemaand sou lyk sedert sy hom laas gesien het, maar hy het nog steeds dieselfde plooie om sy oë en dieselfde moeë glimlag.

Hy groet haar terug. “Ek het gewonder wanneer ek jou sou sien. Ek is seker jy het gejeuk om terug te kom en te begin met al daardie planne wat jy gehad het. Maar ek dink nie dis ’n goeie idee om nou die Hoof te druk nie – hy is in ’n slegte bui. Dinge het nie hierdie jaar met ’n goeie finansiële jaar begin nie.”

“Maar dis wat ek wil verander. Die fondsinsameling is presies wat hierdie skool nodig het, om die werlike inklusiwiteit ’n hupstoot te gee.”

“Die ander onderwysers sien dit nie so nie. Dit is my tweede keer wat ek hier in Dordrecht skoolhou. Ek het hier skoolgehou in die vroeë 2000’s, en weet jy wat gebeur het? Hulle het een van die onderwysers weggejaag; het nie van sy idees gehou nie. Almal het net gedink die ou was ’n moeilikheidmaker. Die ouers en onderwysers het saam gekom, en die ou publieke vyand nommer een gemaak. Moenie dieselfde fout maak nie.”

“Dis basies waarmee Juffrou Zenze my nou net gedreig het. Ek wou haar wurg. Sy het my so kwaad gemaak.”

“In ’n klein plekkie soos hierdie moet jy nie dinge te veel bevraagteken nie. Jy moet jou tyd neem. Wat as die ander ouers begin sê dat die kinders met gestremdhede gebruik al die geld? Dat hulle verhoed dat die ander kinders nie genoeg teksboeke, banke kry nie? Die dorp se mense kan hardkoppig wees as hulle iets nie verstaan nie.”

“OK, Mnr.Cloete. Wat is jou raad? Wat moet ek doen?”

“Vir eers, wag met die fondsinsameling. Doen dit later. Eerstens moet jy seker maak die ander onderwysers verstaan hoe om na ons kinders mom te sien, wat hulle nodig het. Probeer om hulle te laat verstaan dat om nie dinge te hê soos Braille-masjiene, projektors en rystoel opritte en klaskamer assistente nie is om eksamen te gaan skryf sonder banke, penne en papier. Doen dieselfde met die ouers.”

Nthabiseng knik. Sy sal hieroor dink. Maar nou moet sy die Hoof aanpak oor Mthobeli en die ander uitgeslote kinders.

*****

Die uitleg is nog dieselfde in die Hoof se kantoor, ’n L-vormige lessenaar in die middel, ’n vertoonkas agter hom. Die man is ’n prentjie van fokus, sy oë vasgenael op die papiere voor hom; dis asof hy nie sien dat Nthabiseng in sy kantoor instap nie.

Molo, Bhut’ Vuyani.”

Hy kyk op, bril op die brug van sy neus, oë onvriendelik. Sonder om eers te probeer glimlag groet hy haar terug. “Ek het geweet ek sou jou kort voor lank hier sien inkom met een of ander probleem. Hoe kan ek jou help?”

Praat. Moenie dat hulle jou bang maak nie.

“Ek het gehoor dat u sommige leerders met gestremdhede weggewys het. Ek is hier oor daardie kinders. Ek sal doen wat dit ookal vra – hierdie skool kan nie aanhou om Dordrecht teleur te stel nie.”

“Voor ons dit sover laat gaan, wil ek hê u moet twee dinge onthou. Ek het al in die hoërskool skool gehou toe jou ma jou nog geborsvoed het. Jy’s ’n kind. Tweedens, ek is die Hoof hier. Ek het nie nodig dat jy hier inkom en my laat sleg voel oor my besluite nie. Die skool kan dit eenvoudig nie hanteer nie.”

“Dit kan nie die einde daarvan wees nie. Ek sal elke dag ekstra ure werk. Ek sal met die ouers van die kinders praat, wat dit ook al neem. My pa het my geleer om ander te help. Iemand moet hier ’n opoffering maak. ”

Hy lyk selfs meer gefokus. Sy kan nie lees wat hy dink nie. Hy sug. Toe het hy opgekyk.

“OK. Die paar wat ek weggewys het, hulle kan kom. Maar dis alles jou saak. Dit is jou verantwoordelikheid.”

***

Vertel ons wat dink jy: Dink jy die Hoof verwag dat Nthabiseng sal slaag of faal?