Nthabiseng sit haar foon op luidspreker toe sy om die hoek gaan skool toe. Dis haar vriendin Babalwa. Hulle was saam op universiteit en sy mis haar.

“Ek is besig om daardie boek te lees waaroor jy altyd so aangaan.” Babalwa praat altyd vinnig oor die foon. ‘Lugtyd kos geld’, herinner sy altyd vir Nthabiseng.

“Watter boek?”

“Die een wat jy vir my gegee het nadat Solly jou gelos het.” Vir Babalwa word tyd aangedui deur opmaak en opbreek.

“Leer om te Vlieg? So, wat dink jy?”

“Ek kan nou sien waarom jy so passievol oor jou werk is. Dis so gek om te dink dat die skrywer blind is en bereik het wat hy het.”

“Nie so mal nie. Dink aan ons legendariese sanger Steve Kekana. Dink aan al ons paralimpiese atlete, ons blinde krieketspan. Daardie twee kinders van die Rivoni Skool vir Blindes in Limpopo wie op die lys is van toppresteerders in matriek vir 2015. Dink aan daardie wonderlike albino prokureur, Thando Hopa, wat ook couture vir Gert-Johan Coetzee modelleer. Sy het gesê dat haar swak sig onderwysers daartoe gelei het om haar te behandel asof sy dom was. Babalwa, ek is oortuig dat daar talentvolle kinders met gestremdhede is net hier in Phandulwazi – as hulle net die kans kan kry om te skitter. In elk geval, wat het jou so lank geneem? Ek het jou daardie boek in die eerstejaar gegee.”

“Ek het ’n sosiale lewe weet jy. Ek hoop nie dat dit net werk is daar nie?” sê Babalwa en giggel. “Hoe gaan dinge? Hoe gaan die planne vir die fondsinsameling waarvan jy my vertel het?”

“Dit gaan OK. Daar is drie onderwysers wat my wil help. Maar hulle wil hê dat ons dinge stil sal doen. Daar is nog steeds vrees en suspisie hier. Sommige van die onderwysers praat agter my rug. Ek het van iewers anders gekom, en ek het spesiale vaardighede om kinders met gestremdhede te onderrig wat hulle nie het nie. Hulle voel bedreigd. Hulle kan dink dat hulle hul werk sal verloor. Jy weet hoe dit is.”

“Maar jy het wel sommige wat jou steun? Hoe het jy hulle oortuig?”

“Ek het hulle vertel dat ek die fondsinsamelingproses wil gebruik – jy weet, die vergadering en meer – om die hele dorp oor gestremdheid te leer, sowel as om geld in te samel vir die toerusting wat ons benodig. Weet jy sommige mense dink nog gestremdhede is siektes wat jy kan aansteek?! Ek beplan om hulle te wys dat dit daardie houdings is wat sulke kinders soos fratse laat lyk.”

“Alles van die beste met yonke lonto nhe.

Nthabiseng kan die onsekerheid in Babalwa se stem hoor.

Jy praat te veel, jy jaag haar weg met al hierdie ernstige goed, dink Nthabiseng. Jy moet haar vra oor die ou wat sy ontmoet het, die fliek waarna hulle gaan kyk het.

Maar werk is die enigste ding vir Nthabiseng hier in Dordrecht, en sy weet sy kan ’n verskil maak vir hierdie kinders. Iemand moet dit doen.

“In elk geval, chomi yam, laat ek gaan,” gaan Babalwa voort. “Ku sleg as ek praat terwyl jy ry. Ek sal jou later in die week weer bel. Geniet jou eerste week terug by die werk. En onthou om bietjie pret te hê … as jy kan in daardie plek.”

Nthabiseng kan voel hoe haar mond half oopmaak, om iets te sê, om ’n bietjie langer met Babalwa te praat. Dordrecht is nog steeds ’n eensame plek vir haar. Babalwa is al die pad weg in Kaapstad.

Moenie ’n baba wees nie. Sy het gesê sy sal later bel. Laat haar gaan. Daar is dinge wat jy moet doen.

“OK. Baai, chomi yam.”

Behalwe vir Babalwa se oproep, was die rit stil: geen radio, geen passasiers, net die gespin van die enjin in hierdie kar wat haar Dordrecht-werktuigkundige ‘die nuutste tweedehandse kar wat ek al ooit gesien het’ noem.

Die skoolhek is wyd oop, soos die skool se eie weergawe van ‘welkom’. Sy parkeer die Mazda voor die personeelkamer en die Hoof se kantoor, wat die teken vertoon: ‘Phandulwazi Hoërskool’ en in kleiner letters daaronder: ‘Trotse inklusiewe skool.’ Aan haar regterkant, staan die bome wat soos antieke bome lyk , hulle blare nog dood, gedroog en verbrand in die son. Daar was vir te lank nie reën nie.

Sy aarsel vir ’n oomblik, maak haar oë toe, en leun net terug in haar motorsitplek.

Hierdie jaar sal anders wees. Die ander onderwysers sê jy’s ’n kind, dat om vyf en twintig te wees beteken jy’s ’n baba, maar jy sal hulle verkeerd bewys. Jy sal hulle maak luister.

Sy maak haar oë oop. Haar jaar het sterk begin. Iemand – waarskynlik iemand in een van die vertonings waarna sy graag kyk – het gesê: ‘ Jy moet self die verandering wees wat jy in die wêreld wil sien’. Dit is die plan. Laat elke onderwyser omgee.

Sy klim uit die kar en gaan flink na die ontvangsarea en die Hoof se kantoor.

’n Liggekleurde, ouer dame sit in die stoele wat in ’n ry staan voor die sekretaresse se venster. Nthabiseng kan ’n mediumgrootte, stewige seun langs haar sien sit. Sy herken hom dadelik. Mthobeli. Hy was een van die Graad 8’s wat verlede jaar uitgesak het. Sy kyk weer na hulle. Hulle lyk na mekaar; hy moet haar seun wees. Die vrou lyk omgekrap. Dit is baie duidelik. Sy kyk af na haar voete, haar gesig ’n prentjie van woede, terwyl sy met haar vinger tik op die houtstoel se armleuning. Aan die ander kant van die toonbankvenster, lyk dit of Amanda, die sekretaresse, nie veel ouer as Nthabiseng, totaal onbewus lyk van die tydbom wat wil afgaan nie. Sy is gefikseer op haar sleutelbord, en tik verwoed voort, bloedrooi geverfde naels wat vlieg oor die toetse.

Nthabiseng kyk terug na die seun. Hy kyk ook af, terwyl hy sy wit kierie tik teen die binnekant van sy voete. Hoe sleg is sy oë nou al? Is hy heeltemal blind of kan hy nog effens sien? Daardie wit kierie is die skool s’n – die enigste nuttige ding wat hulle laasjaar van daar af gekry het.

Geen wonder die kinders met gestremdhede was besig om uit te gaan uit hierdie sogenaamde ‘inklusiewe’ skool nie. Die helfte van die onderwysers het geen spesiale vaardighede gehad om hulle te onderrig nie, en het nie omgegee nie. Of, hulle het nie eers besef dat sommige kinders in hulle klas kinders met gestremdhede was. Daar was so baie verskillende gestremdhede –hulle het slegs diegene met sigbare probleme raak gesien. Maar Nthabiseng moes erken dat dit ook die Departement se fout was; hulle het spesiale onderrig vir onderwysers belowe wat nooit gebeur het nie.

Die seun se ma het uiteindelik teenoor Amanda ontplof. “Hoe lank is ons veronderstel om hier te wag? Jy het gesê die Hoof kom kodwa en ons wag al ure hier! My seun het weer’n plek nodig in hierdie skool. Is dit moeilik om te verstaan?”

Amanda draai haar kantoorstoel om, staan op en stap na die venster en sê kortaf: “Julle het nie ’n afspraak gemaak nie. Die Hoof is besig. Ek het vir julle gesê, hy sal kom as hy klaar is met waarmee hy besig is.”

Nthabiseng het saggies vir Amanda gewys om te kalmeer. “Waarmee is Bhut’ Vuyani so besig dat hy nie Mthobeli se ma vir ’n paar minute kan help nie?”

Amanda het haar oë gerol, en na sy Nthabiseng ’n lêer gegee het met haar naam op, het sy na haar stoel terug geloop. “Miskien moet jy dan maar die Hoof wees.”

Nthabiseng draai om om na die vrou en die seun te kyk. “Ek is jammer ons laat jou so wag, Mama. Die Hoof moet uitkom. Hy kan jou nie vermy nie.”

Nog steeds ’n prentjie van woede, het Mthobeli se ma na Nthabiseng gekyk. “Jy ken ons kanti? Hoekom het jy nie gegroet toe jy ingekom het nie?”

Nthabiseng flits ’n skuldige glimlag. “Ek is jammer daaroor. Ek het nou net onthou dat ek Mthobeli se naam in die portefeulje vir verlaters van laasjaar gesien. Ek het gedink dat ek jou nie kan blameer dat jy hom uitgehaal het nie. ’n Klomp kinders met ander gestremdhede het ook uitgeval. Ek hoop dinge sal hierdie jaar beter wees.”

Mthobeli se ma, nog steeds sigbaar kwaad, sê niks nie.

Nthabiseng kyk na Mthobeli met ’n glimlag. Hy is ’n prentjie van skaamte, hy bly naby sy ma, hy sou graag agter haar wou wegkruip as hy kon. “Molo, Mtho.”

Hy draai sy kop effens, terwyl hy sy oë op haar fokus. “Ewe, Juffrou.”

“Daar is iets wat ek in die personeelkamer moet gaan haal, Ma’ka Mthobeli, maar moet asseblief nie gaan nie. Die Hoof moet uitkom en met julle praat.”

Nthabiseng draai af na die gang op haar regterkant; die personeelkamer is aan die punt daarvan. Die twee ander deure aan die linker- en regterkant van die gang is toe. Vandag het sy gekies om platskoene te dra; haar treë oor die geteelde vloer is stil. Sy kan geklets hoor wat van die personeelkamer af kom.

Toe sy nader kom, staan een stem uit. “Wat dink hulle moet ons doen? Ek het nie ’n onderwyser geraak sodat ek kinders kan leer lees nie. As ek het sou ek Graad R gegee het. Moet ek dan die res van die klas stop sodat ek vir die meisie kan lees? Daar is veertig kinders in die klas. Dis onmoontlik.”

Die stem, sy herken dit. Dis Sis’ Nolubabalo, een van die Graad 8 en 9 onderwysers.

Stadiger. Moenie so vinnig loop nie. Laat hulle praat. Luister.

Nthabiseng kom tot stilstand, die personeelkamer deur so twee meter van haar af, en neem haar foon uit.

Hou aan druk. As hulle jou sien sal hulle dink jy is net besig met jou foon.

Die gepraat in die personeelkamer het nie gestop nie, maar hierdie keer is dit ’n ander stem. “Het jy gesien hoe daardie Nthabiseng na my kyk – asof ek dom is? Asof sy alles weet. Sy beter versigtig wees. Kom met haar idees en probeer alles verander en meer werk vir ons maak. Sy beter dit uitlos.”

Dit voel asof ’n vuur binne Nthabiseng brand. Woede.

“As sy dink sy kan my vertel wat om te doen sal ek haar wys!” Hulle begin almal lag.

Sy voel asof sy kan instorm en hulle stop. Hulle konfronteer. Die woede is soos iets plofbaars wat binne haar broei. Sies!

Die gang is stil, vreedsaam. Selfs die stemme van binne die personeelkamer het stil geword. Die enigste geraas, ’n oorlog, was binne in haar. Sy kan voel hoe die woede wil oorneem.

Nee, Nthabiseng. Geen kwaai konfrontasie nie. Loop weg van hulle af.

***

Vertel ons wat dink jy: ’n ‘Inklusiewe skool’ akkomodeer sommige leerders met gestremdhede deur spesiale toerusting en assistente te gebruik. Is hierdie onderwysers bang om iets nuut aan te pak, vies omdat hulle instruksies kry van ’n jonger, gespesialiseerde personeellid, of selfs net lui?