Die problem met grief is dat dit vi iewag is, daa issie ’n time limit op hoe lank jy sad gan wies vi oo iemand wat dood is nie. Dit is onmoontlik om sense te maak daavan as iemand doodgan. Dis hoekom ek dink grief is ’n gift. Want, imagine iemand gan dood, hulle is nou hier en dan is hulle nie meer daar nie, en hulle gan verewig nie meer daar wees nie. Ek dink as dit nie vir sadness was nie, sou jou brein implode. Dit sou nooit kon sin maak daavan nie. Grief briek eternity into klein, unmanageable blokkies. Iets om jou besig te hou terwyl jou brein probeer op catch. Al wat ek rêrag wiet is dat my uncle die eeste pesoon is wat ek mis, ek mis hoe consistent hy was. My ma het eendag ’n boek op my bed gelos, dit was een van daai mooi leatherbound boeke wat heel bo op Uncle Henry se rak was. 1984 by George Orwell.

Hi guys, welcome back to my channel, I thought I’d share something today from a book that has in recent times, become very significant to me. It’s called 1984 by George Orwell. ‘He was a lonely ghost uttering a truth that nobody would ever hear. But so long as he uttered it, in some obscure way the continuity was not broken. It was not by making yourself heard but by staying sane that you carried on the human heritage.’”

Ek wietie of ’n part van my consciousness oepgegan het nadat ek finally 1984 gelies et ie, maa ek weet ’n part van myself het veranner na my uncle se dood. Ek sien indeed die wêreld differently, bietjie meer sad maa oek bietjie meer aware dat die lewe aangaan, dat al wat oobly van mense is al die die boring mundane dinge, wat eintlik die meeste meaning het.

Bye guys, this was an incredible experience, being able to share a slice of my life with you all, as you know by now, I’m closing this channel until after I finish my last year of high school, I’m gonna spend my free time reading and just focusing on my loved ones, thanks again for the support, maybe we will meet again in the future.

Ek gaan lê op my bed, maak my oë toe en sit my headphones op, ek kan vi Uncle Henry hoor klop maar ek shut die sound uit en slaap.