Hi, my name is Michael. I am named after my dad, he insisted. He does not care about gendered naming of babies, now every time people meet me, they ask, “Is that a boy’s name?” then I politely smile, “No it’s not, it’s just a name and I’m just a girl.”

Ek sug diep en maak my oë toe, in my mind het ek ’n popular vlogging channel waa niemand my gesig sien nie en ek record die mees mundane aspects of daily life. Dis my version van met myself praat. My suste sê ek romanticize boredom, ek moet soe ’n channel maak in real life soedat mense kan sien hoe boring ek is.

Soes clockwork, kom die klop op die exact moment wanne die song klaa is. Ek rol van die kooi af en kruip na die deur toe, maak dit oep sône om ienage iets te sê. Uncle Henry kom in met sy pajamas aan en sy hare nog nat, die handdoek hang om sy nek. Hy trek my desk chair nader na die deur toe en sit my rugsak op die grond neer. Hy sit en sug.
“Ek het gewonne of jy die weekend saam my deur die bokse innie garage wil gan en bietjie rid te raak van dai boeke … ek wiet die goed is seker al soe mouldy en nat van vi soe lank in dai donkerte sit.” Uncle Henry se mood shift vanaf light na heavy en wee terug. Som dae wil hy die boeke aan die brand stiek of somme saam mettie vullis op ’n Maandag uitsit, dan anne dae soes vandag, wil hy sy boeke mooi organise en donate aan iemand wat dit kan gebruik.

“Het jy al 1984 gelies al?” vra Uncle Henry wee.
“Ek het mos gesê nee gesê, ek wietie wat dai issie,” het ek vererg geraak. Dis maklik om jou te vererg vir Uncle Henry, want dis asof hy nie eers hoor wat jy sê nie.

“Die scholars van die ou dae het gesê, as jy Orwell lees in jou teenage jare, maakit ’n part van jou consciousness oep. Die future wat vi jou bright en exciting lyk, begin skielik ’n tint van defeat het … maa wat wiet scholars, nie een van hulle ken die Kaap nie, hulle ken nie van division en othering in jou geboorteplek nie.” Uncle Henry staar voo hom uit en die kamer word stil. Hy vroetel met sy maer hand aan die frill van ’n bont kussing op my bed. “Ek sal saam deurie bokse gan Uncle Henry,” antwoord ek om die eerie silence te briek.

Toe dit weekend raak toe is Uncle Henry te siek om sy bokse uit te pak. My ma besluit toe somme, sy sal self die bokse uitsort, want dit staan anyway haa hele garage vol. Ek en sy het die bokse opverdeel, ek doen al die boeke en sy sort die klere en household goed. Sy decide dat as ek klaa is moet daa net twee bokse oor wees, otherwise gooi sy van ’n kant af weg. Dit was ’n wild threat, ek wou vi my ma vra, “Nou wat van Mammie wat soe lelike skoene bymekaa maak soes ’n Subway Surfer?” but instead het ek maa net expressionless gestaan en agree met wat sy sê.

“Henry is een van dai mense wat te veel stuff het, ’n klomp nonsense, hoekom sal ’n mens soe baie football scarves het? En die bier-mugs. Moenie ees praat van al die klein karretjies nie en CDs nie. Wie gebryk nou nog CDcd’s? Ek gan alles wegsmyt.” My ma praat met haaself maa oek met my en in ’n weirdly sad way met Uncle Henry oek. En ek besef miskien project sy alweer, want ek dinkie ek sou my broe wat besig is om dood te gan se ou goed weg kon gooi nie. Ek sou te heilig wies daa op. Maa miskien het my ma als wat sy need van Uncle Henry klaa in haa kop. Soms vegiet ek dat my ma klomp anne goed is vi anne mense, vi my oupa is sy net sy meisiekind, vi my pa is sy ’n vrou en vi haa broe is sy ’n suste. Iemand wat haa ken voo die res van ons. Iemand wat saam met haa grootgemaak is en close was aan haa voo my ma al die anne goed geraak het. Ek wonne of hulle vi mekaa kyk en hulle self as kinders sien. Ek doen soms dai, my suste sal altyd klein en foolish in my oë wies. Iemand met vet wange wat haa koffie of tee slurp soes ons pa. As ek myself in my ma se position moet sit, dink ek, ek vestaan hoekom sy soe sad en kwaad is vi Uncle Henry. Wat maak ’n mens as jou sibling biesag is om dood te gan en jy kan niks doen om vi hulle te help nie. Hoe moet jy act as jy wiet die pesoon wat witness was van jou hele childhood gan nou dood en vat al sy memories saam. Niemand om te bel en te vra, “Wat was dai hond se naam wat ons gehad het toe jy graad 10 was, kan jy onthou?”
Niemand om ou jokes oo en oo te vetel ie. Niemand wat onthou hoe jy gelyk het toe jy ’n teenager was nie. Met die groot kop en die pysies. Niemand onthou wat jou favourite ding was om te eet na skool nie. Of niemand wat bestaan langs elke childhood flashback nie.

Uncle Henry is die volgende aand stil in sy slaap dood. Ek het al geslaap en toe ek wakker skrik van my ma se wailing, het ek net bly lê, my headphones opgesit en my oë toegemaak.
Welcome back to my channel. It’s really late and it seems my uncle just passed away. We were very close. At the moment, I’m just in shock, RIP Uncle Henry. Like, comment and subscribe…

Ek was grateful dat ons nie sy bokse uitgepak het nie, want skielik wou ek alles naby my hê wat ooit naby aan my uncle was, including my ma.