Uncle Henry was ’n academic. Hy het gewerk by ’n groot university vi jare. Nooit getrou of kinnes gehad nie, net sy werk, sy kat, Ester, en sy boeke. Van floor to ceiling in die ou huis, as ek moes guess sou ek sê meer as 1 000 boeke in ’n twee-slaapkamer-huis. In sy slaapkamer was ’n desk met ’n PC en ’n printer langs sy bed, ’n bedkassie met ’n old school clock radio en ’n groot lamp wat lyk asof dit uit die ‘60s uitgekom het. Die drie bookshelves was neatly organised. Fiction, non-fiction en classics. My favourite was sy classics-rak. Op die heel boonste rak van sy classic literature section was ’n stel maroon leatherbound boeke, wat lyk asof dit uit die Hogwarts library kon wees. Hy het dit huis toe gebring toe hy vir ’n ruk in Scotland was vi research. Niemand van ons het al ooit eens aan dai boeke gevat nie, want ons het assume hy is precious oor dit. Soms project ’n mens value op goed, want jy dink as dit joune was sou jy oek so heilig gewies het oppit. Maa Uncle Henry wassie heilig op sy boeke nie. Hy het altyd gesê as hy ’n boek gelees het, is die storie in sy kop. Dai is die purpose van boeke, dit gee vi jou iets en soms is dai iets groter en meer belangrik as die papier waarop it geskryf is.
My eie relationship met boeke is noggie clearly established nie, ek sukkel met concentration. As ek ’n storie begin lees moet ek about tien kee oo begin, want niks sit vas in my koppie. Dai is hoekom wat Uncle Henry sê van die storie bly in sy kop nie vi my sense maakie, ek kan niks onthou nie. Uncle Henry dink is omdat ek te veel op die internet is.
“Vedag se kinnes exist in 30-second slides, niemand kan mee stil sit en net niks doenie. Toe julle klein was, het jou ma ampe mal geraak as julle net ’n kort rukkie bietjie bored was. Sy moet aliewag vi julle goed gee om te doen. Is board games en consoles en musical goed, wat julle net mee geraas gemaak het. En dan is dit die endless blêrrie films en songs wat dag en nag moet speel in die background. Maa ek kannie judge nie, ek is nie ’n pa van kinders nie, maa as ek moet sê, sal ek dink vandag se parenting is oppad na ’n disaster … scientifically …”
En so sal Uncle Henry aangan op ’n rant wat niks te doen het met ienage iets ie. Hy sal ’n topic begin en dan al dieper en dieper gan. Ek dink rêrag Uncle Henry moes ’n miner gewôd et, wan soe kan ’n mens nie hou van ’n gat te grawe nie. Hy het die opposite van wat ek het, ek kannie concentrate nie, hy kan vi ure aaneen concentrate op ’n onnoragge ding.
Ek dink Uncle Henry is te serious oo alles. Al tye wanne hy lag is as hy en my ma ’n inside joke share. Soes twins connected is, is my ma en Uncle Henry connected in humour. Ek dink mense wat na aan mekaa is connect in different ways.
Ek en my suste is generally connected in sarcasm en movie quotes. As ons saam is in ’n groep mense, sal iemand altyd ytpoint hoe ons twee in shorthand met mekaa praat.
“Julle twie het julle eie language,” het een van my vriende gesê. As ons 30 Seconds gespeel het, het ammel altyd complain want al ons clues vi mekaa was goed wat net vi ons twie sense maak. As die antwoord orange was sal my suste vi my skrie, “Garfield!” want ons het eenkee na ’n troue gegan wat die colours orange en silwer was. Toe sug my ma en sê hard genoeg dat net ons kon hoo, “Jirre, watse Garfield wedding colours is dié?” Van dai dag af is orange, Garfield.
Ek dink ek en Uncle Henry is connected in hoe mense ons misverstaan. Ammel dink hy is ’n nors man, maa hy is maa net intense. My grootste problem op die oomblik is dat ammel om my die heeltyd goed wat ek sê vekeed opvat of te veel goed lees into my facial expressions. “Wat staan jou gesig alwee op nul?” sal my ma vra as ons iewers in public is. Sy vra my nooit by die huis ie. So asof sy wil hê ek moetie myself wies buite die huis nie.
Die eeste keer wat ek besef het wat my ma mean as sy sê my gesig staan op nul, was toe hulle ’n jaar gelede vi ons inroep om te sê dat Uncle Henry sieklik is en dat hy hie agter in die jaat gan kom bly tot hy siek genoeg raak. En probably innie hospitaal of hospice gan bly op sy laaste. Ek het na die tyd kamer toe gestap en in die spieël gestaar, ek kon my suste hoor huil in die kamer langs my en my pa wat haa probeer troos. In die spieël, was my gesig sonder enige emotion, alhoewel ek van binne weak en seer gevoel het.