“Het jy al 1984 gelees al?”
“Wat?”
1984?”
“Wat is 1984? Ek is gebore in 2008.”
“Nee man, is ’n boek … is ’n boek oor die future written in the past en nou issit ons present …”
Ek kyk vi Uncle Henry aan sonder enige expression op my gesig, hy vat ’n slurp van sy koffie en vee sy mond aan sy skouer af.

“Uncle Henry, my ma het gesê Uncle Henry moet klaa maak, sy wil die geyser afsit.”
“Ja ja ja, ek gan nou kom was …”, sê hy en slurp verder soos ’n cartoon-olifant aan sy groot koppie koffie. Ek draai om en stap met die drie hout-steppies van die wendy house af en terug in by die huis. My ma staan in die kombuis en rook by die venster uit. Ek stap verby my ma en beduie met my hande dat Uncle Henry nou gan kom.

My pa, Michael Sr., sit en kyk Animal Planet met die bright geel lig van die voorkamer wat oor hom skyn soes ’n 1950s horror film.

“Junior,” grom my pa. “Maak vi jou pa ’n bietjie tee asseblief, ek mag mossie in die kombuis wies as jou ma met haa kankerstokkies besig issie …” Ek rol my oë en draai om terug kombuis toe en sit die ketel aan. “Rooibos of Five Roses?” skrie ek in my pa se rigting.
“Gee maa Five Roses! Rooibos maak my net honge.”

Ek maak my pa se tee soos altyd in die Gemini-koppie. Ek maak eers die koppie warm, gooi twie kee kookwate in om dit te spoel, sit in die teabag in, add kookwater, laat dit trek vir ’n paa sekondes, a. Add twiee lepels suiker, add een lepel condensed milk, stir, haal uit teabag uit en add ’n bietjie koeimelk vi colour. Ek vat die tee in, my pa vat ’n sluk en gee ’n dad sigh van overly impressed – greatest tea of all time – thumbs up-approval.
“Een ding van my Michaeltjie, sy weet van ’n koppie tee maak, jirrie dis ’n lekker koppie tee.”

Een ding van my pa, hy sal doodgan as hy nie kan iets kan exaggerate nie, dink ek terwyl ek kamer toe stap. Ek gaan lê op my bed uitgestrek, maak my oë toe en sit my headphones op wat ek sonder om te kyk kan nader trek. Ek press play op my smartwatch en die music begin speel.
Uncle Henry gan nou enige moment hie klop en somehow gan ek die klop kan hoo even though my music loud is. Ek seem om my uncle te kan sense. Ek hou daavan om romdom Uncle Henry te wies. Al begin ek voel asof ek transform into die pubescent stereotype en net allien wil wies. Alhoewel ek myself gepromise het ek gannie soe raakie. Teenage jare is te brief om so baie te conform, die true test in character is om te decide wie jy is en dan so close as possible aan dai desire te try en lewe. But these days moet ek admit, voel ek meer asof die weight van hormones en emotional outbursts my oorvat. Die feit dat Uncle Henry deur ’n existential crisis gan help my nie. Elke dag is dit ’n nuwe ding, ’n nuwe impending disaster wat hom jag.