Dit was ’n baie warm Saterdag in Desember.

“Bontle, Mpho en Lerato, gaan speel buite!” het Ma gesê. “Julle is in my pad.”

Ons het uit die huis gehardloop.

“Kom ons gaan na die rivier toe,” het Lerato gesê. “Dis koeler daar.”

“Maar Ma het gesê ons mag nie swem nie,” het Bontle gekeer.

“Ons sal nie swem nie,” sê Lerato. “Ons sal net in die water speel.”

Maar speel maak ’n mens warm, al is jy onder die bome langs die rivier. Eers het ons ons skoene uitgetrek.

Maar ons het steeds warm gekry.

Toe trek ons ons hemde en rompe uit.

Maar ons het steeds warm gekry.

Ons het ons voete in die water gesit om af te koel. Toe spat ons mekaar nat.

Gou was ons sommer sopnat.

“Ag, komaan! Kom ons swem,” het Mpho gesê. “Ma sal nie weet nie.”

Ons het geswem en geswem en van die tyd vergeet.