In die agterplaas klink die geraas van die verkeer ver, ver weg. Hulle kan selfs ’n klein voëltjie hoor twiet-twiet. Bella maak haar oë toe en vryf Noodle se kop. En toe wip hulle soos hulle skrik!

best-sound-illo4-col-lores

“Aaaaaau! Eish! Einaa!” Die verskriklikste geluid kom uit Gogo se huis aan die ander kant van die agterste muur. Bella hardloop vinnig na haar mamma toe om vir haar te vertel wat sy gehoor het.

“Daar kom vreeslike geluide uit Gogo se huis!” skree Bella bo die wirrrrr, wirrrrr! van die stofsuier. Mamma skakel dit af.

best-sound-illo5-col-flat2-lores

“Ek het niks gehoor nie,” sê Mamma.

“Luister!” sê Bella. En toe hoor Mamma dit!

“Aaaaaau! Eish! Einaa!”

“Dis Gogo,” sê Mamma. “Gou! Ons moet gaan kyk wat gebeur het.”