Vicki is nie die soort meisie wat halsoorkop vir wildvreemde ouens val nie. Sy lê veel eerder rond met haar neus diep binne-in ’n boek. Maar dan gebeur daar twee wonderwerke: Haar gesin gaan die eerste keer in jare met vakansie see toe. En daar ontmoet sy nie net een nie, maar twéé sexy ouens … Uiteindelik verstaan sy wat die skrywers van liefdesverhale bedoel as hulle sê iemand slaan jou voete onder jou uit.