Swart hare en diep blou oë. Dis wat in my drome kom spook.

Die ou van Redhill s’n. Ek het hom net ‘n oomblik lank daar in die deur gesien voordat hy dit toegemaak het.

Dalk was ek verkeerd. Dalk het hy nie eens vir my gekyk nie.

Of het hy?

Het ons oë ‘n ruk lank in mekaar s’n vasgeval.

Vrek, nee!

Ek word wakker. Natgesweet. Nag na nag gebeur dit.

Ek kan nie op my huiswerk konsentreer nie.

By die skool dryf ek soos ‘n gees deur die dag. Ek hou Nita se hand pouses vas. Ons mag nie. Maar ek doen dit.

Elke middag by die rugby oefen ek harder as gewoonlik. Ek moet opmaak vir daardie simpel fout van Saterdag. Ek dryf my lyf tot breekpunt.

Ek dryf duiwels uit.

Ek sweet. Kners op my tande. Ek skree.

My lyf, my spiere is hard. Maar my hart? Dis ‘n ander saak.

VRAAG: Het gedagtes aan ‘n ou of meisie jou al wakker gehou?