Die ding draai in die hoof se kantoor. Ek voel alleen. Bang. Bang.

Ek hoor die hoof se stem. Ek weet nie wat hy sê nie. Die verwoestende storm binne my oordonder alle woorde.

Hulle wéét.

Hierdie gedagte maak seer.

“Ek is sorry, ou pel,” sê Vince toe hy my by die ruskamer kry. “Dit maak nie aan my saak nie. Ek is nog jou pel.” Ek probeer glimlag en dankie sê deur die seer.

By die huis staan ek ‘n ruk stil in die donker gang. Ek luister na die die leë huis se geluide.

Ek probeer ‘n antwoorde kry.

Hoekom is ek nog hier? Hoekom leef ek? Hoe gaan ek my pa-hulle vertel? Hoekom moes dit met my gebeur het?

Ek kry nie die antwoorde wat ek soek nie. Ek voel afgestomp. My hele lyf is dood soos my dikgeswelde bo-lip.

Dood.

Dis ‘n uitweg.

In my kas is ‘n belt. Dit sal maklik om my nek pas.

WAT DINK JY: Hoekom dink jy pleeg baie gay mense selfmoord? Is selfmoord ‘n uitweg?