Ek gaan Saterdagaand na Nita se huis toe. Haar ouers is nie daar nie. Sy wag vir my.

En later die aand …

Dis my eerste keer. Ek is seker ek is lomp. Ek is seker ek doen dit nie reg nie.

Ek is seker ek moet dit meer geniet.

Dis hoe dit moet wees. Daardie oomblik van saamwees. ‘n Man en ‘n vrou.

Maar hoekom voel hierdie oomblik nie reg nie? Dis asof ‘n stuk van my siel nog buite in die donker straat voor die huis agtergebly het.

Toe ons klaar is, staan ek op en gaan badkamer toe. Ek maak die deur toe en gaan sit op die bad se rand.

Ek was nog nooit so hartseer nie.

VRAAG: Het jy al verlore gevoel?