Vandag staan daar ‘n ander onderwyser voor in die klas. Sy teem al vir twintig skedelkrakende minute aaneen oor Macbeth. 

Ek hoor haar net, maar kyk nie vir haar nie. Sorry, ek het lankal belangstelling verloor in skool. Ek is eintlik verbaas dat hulle nog met my uithou.