Die volgende oggend voor skool wag Nell vir my.

“Ek het gewonder waar bly jy so lank. What kept you, kotsgevreet?” vra Nell toe sy nader kom, ‘n sigaret geknyp tussen haar vingers. Haar skoolhemp hang uit.

“Niks met jou te doen nie.” Ek loop aan en pluk selfbewus aan my hempsmoue om seker te maak my arms is heeltemal bedek.