Nee, moenie dit doen nie, waarsku ‘n binnestem.

Jy weet nie hoe dit voel om só te wees nie. Om mens te wees.

Jy kan dit nou stop, sê die binnestem.

Ek wil nie. Ek honger, ek dors na die verlossing. Ek wil die pyn laat uitkom.

Wil jy nie liewer goed voel nie?

Dít sal my laat goed voel.

Nee, dit sal nie.

Hou op kerm, jy klink soos my dronk ma.