Later die middag sluit ek myself in my kamer toe, druk die iPod se oorfone diep in my oorholtes, stel die klank harder.

Ek maak my oë toe en gee die donker toestemming om deur my lyf te syfer.

“Vat my weg, vat my weg,” fluister ek.

Ek verdrink in die musiek.