Sy grinnik en kyk toe af na my arm. My mou het effens opgeskuif. Oor my vel lê die kruis en dwars letsels in ‘n makabere spinnekopweb.

My kop versnel.

Vinnig pluk ek my mou af. “Jy het niks gesien nie!”