Dit stomp my af van alles. Skool, mense, die verwagting van hoe-‘n-goeie-seun-moet optree. 

Maar bo dit alles word die bloed ‘n skild wat my sal help om my brandewynverdunde ma vanaand weer by die huis te trotseer.