ek wonder of jy ook hartjies krap – op jou vraestelle en palm en agter in die bus,
hartjies met TWEE pyle – myne en joune – forever united
en skryf jy H.O.L.L.A.N.D. onder in sierskrif
met ons voorletters aan beide kante – prominent?

ek wonder of jy ook beachfilms uitwerk – 100% in love?
en manipuleer jy ook soms om 100% married te kry?
ek wonder of jy ook vir my in ‘n leeukuil sal gaan vakansie hou
ek wonder of jy ook so baie van MY HOU soos EK van JOU,

(H.O.L.L.A.N.D. = Hope our love lives/lasts and never dies.)