Boynty, vir jou het ek groot respek
Dis die liefde, aanvaarding en nog baie aspekte
Wat my na jou aantrek
Ek dink nie jy sal ooit verstaan hoe baie jy vir my beteken
As ek kon, sou ek al die mooi dinge vasvang en dit vir jou op ‘n oppervlak teken
Ek beskou jou as ‘n juweel
Want soos een het jy my hart sommer gou kom steel

Soos baie wat my ouderdom is
Het ek soms gevoel om op te gee
Maar as ek net aan jou dink, skep ek moed
Jy is die een wat my inspireer
En my telkemale laat besef oor my toekoms het ek beheer

Wanneer ek ookal na jou verlang
Is jy net ‘n oproep weg
Gereed om my gerus te stel
Met woorde, en dit klink altyd so reg

Hierdie gedig kom uit my hart
Omdat juffrou daarbinne bly
En ek hoop dat ons paaie nie sal skei.