Wapperend, my brose mortaliteit op daai reenerige aand in 1980. My drome neem my alweer ver, Ver van alles en almal, Ver van ons. Soldaat moes ek jou nie kon vertrou? Met my liefde, my lewe, en alles tussenin? Maar jy het wegeloop. Die spore van jou bedrieg geêts op my hart Jy het ver gestap op die droeë dorre lande van my, opsoek na my oase Maar niks te vinde, volgens jou. Jou oë was verblind deur die passievolle ritmes van anders se begeerte, Sodat jy nie eenkeer gesien het dat ek die een vir jou was nie. Soldaat, hier hang ek nou, wapperend, op ‘n reenerige aand in 1980, Vergete, maar vol liefde, vir jou.