Ons harte was op ‘n tyd nog heel,
Toe die morêson beloftes
In die holtes van ons hand gelaat het,
Toe verdriet en hartseer iets was
Wat net ander mense beleef het.
Ons harte was nog destyds ongeskonde,
Toe die maan se melankolie ons nie kon aanraak,
En ons drome nog suiwer en mooi was,
Toe trane maar net gevloei het,
As ons beide lekker lag.
Ons harte was nog gister vol,
Toe my beloftes en jou woorde
Smelt in glorieryke samesyn,
Toe ons mekaar só goed ken,
Dat my woorde joune word,
En jou hande soos myne was.
Ons harte, nou vervaag van hul veruklikheid,
Toe ons woorde keer op keer,
Swaarder word van al die blaam,
Toe ons onugterend verby mekaar stap,
En vergeet van al ons gisters,
Vergeet van al ons mores,
Vergeet van ons liefde, en al ons beloftes.