geskenk van bo
’n bewys van liefde
ons rede om te glo.

Enigste Seun,
wat moes sterf vir ons sondes,
wat die prys moes betaal
sodat ons mag lewe, dank Hom duisend maal.

Waarom sal ons twyfel?
Waarom sal ons vrees?
Met ’n vriend soos Jesus,
die Heilige Gees.

Prys Sy naam
met lof en met eer,
sodat Hy mag voortleef
en ons harte regeer.