Gister, net gister,
Was jy hier.
Jy het my hand vasgehou,
Op die lippe gesoen,
My laat lag.

Gister, net gister,
Het ek gedog ons is veraltyd.
Nog die pad gesien ,
Die lang pad wat ons sou stap.

Gister, net gister,
Was ek joune,
Jy was myne,
Ons was.

Gister, net gister,
Het ek nog in jou oë gekyk,
Ek het beide ‘n osean,
En ‘n vuur gesien.

Gister, net gister,
Toe sê hulle:
Ek sou jou nooit weer sien nie.
Gister, toe word ons ‘ek’.

Gister, toe raak jy weg.
Gister, toe hang jy,
My laaste
Greinsel hoop,
Van die garage
Se balkon af.