Vanaand het ek geen beheer
Oor die trane
Wat so vrylik en onophoudelik
Rol oor my wange

Dis die herinneringe aan jou
En ons ervaringe saam, hartseer, dog nostalgies
Wat die oorsaak is
Van my deurmekaargeskommelde emosies

Ek is alleen sonder jou aan my sy
Die moeilikste ding wat ek moes deurmaak
Was om te sien hoe jy voor my oë wegkwyn

‘n Sussie sonder haar boetie
Is soos ‘n battery sonder energie

As ek die tyd terug kon draai
Glo my ek sou
En ek sou jou verewig aan my sy hou.