Op ‘n somers dag,
Naby die see,
Loop jy verby my.
Ons oë maak kontak
En meteens is ek joune.
Jy pluk my soos ‘n blom
En dra my met trots orals rond.
Ek is sonnig, ek is mooi,
En geniet hoe jy keer op keer,
My geur inasem.
Op ‘n dag,
Toe ek verwelp en verlep,
Pluk jy een vir een my uitmekaar,
En begin jou rympie met: “He loves me”,
En eindig met: “He loves me not”.