Vergete Taal:

Altyd gedink ek sal nooit vergete raak nie,
Maar ek was verkeerd.
Ek voel asof ek gemaak is van blik,
Maar sal nooit weer blink.
Trots sal ek wees, maar dalk nie meer vir lank nie.
My oë sal probeer trane wegblink
Tot ek weer ordentlik kan dink.
Laat my vergeet vir ‘n ruk
Van al die druk.

Ek was ‘n taal wat altyd flonker
Soos ‘n ster,
Maar toe word ek verlore.
Sal niemand my treur,
In my trotse eer.

‘n Lig
‘n Lag
Tot ek getref was met ‘n slag.
Sonder om te lieg
Is ek weg,
Maar met trots, sal ek gaan.

Wag!
Daar is tog nog die wat Afrikaans op lug.
Ons sal weer skyn
Soos vlinders wat vertoon,
Sal diegene ons met trots op lug.
En sal weer wees-gelukkig.

Ek weier net soos Wall-E, om verplaas
Te word, met wat ander beskou as iets beter
As die res.
En ek sal diegene eer,
Wat trots is op my-Afrikaans.

Ek is gemaak van blik
Wat sal blink.
Want my drade(lewe)
Is gemaak van liefde
En trots.
Om aan te hou gloei.
Te danke aan waaruit ek bestaan, sal ek nooit bloei
En aanhou groei.