Ek het ophou draai
Stadig ophou raai

Op my knieƫ neergeval
Ophou tel

Ek het laat gaan
Ophou kyk na die maan
Die vrese het my begin vreet
Dis nie die einde, ek weet

Maar ek bewe
om te lewe
Want toe ek grootword
het ek ophou draai … en vergeet van my kinderwerd

Ek het vergeet van lewe
aangehou bewe
nooit meer bewonder
tog altyd gewonder

Toe ek groot word
het ek … ophou draai