Djy
Wat le en lag
Wat sit en wag
En sweer, “eendag is eendag.”
Wat jou bloed broer verag
En roem in jou eie krag

Jou swaar tong smaak oorlog maak
Jou lippe roer net
As djy uit is op moeilikheid te maak

Djy dink mos ek’s n laaitie
Wat djy oorie kop kan slaan
Een van jou maatjies
Wat djy kan vermaan
Soes djy lus kry

Well, not today!
Ek se: “not today!”
Hoor djy?!
Wies bly ek’t noggie
Op jou gevloekie