As die son
Die nag ontbreek
En die maan sy voete was
In die see
Begin die draak vroetel.
As die sterre
Die hasepad kies,
En die draak sy vreemde gelaat wysLe die aarde op sy sy

Die draak
Lag nie meer nie
Behalwe as hy iemand toets
Hy verlekker hom
In sy dinge
Die draak “smile” nie eers nie
Want hy het lankal vergeet hoe
So lank het hy al sy haat
Opgebeur
Sy lippe roer net
As hy uit is op moeilikheid
Sy woorde maak vuur
Onder die lot
En as alles verby is
Fluit hy soos n vetgevoerde voeltjie