ń Koue aand iewers in ń dorp
Roep die kraai die bebloede maan,
En lewer die uil sy pos af.
Brullend in die blomtuin gee ń padda antwoord,
Die swart kat met oë flitsend, koud en aristrokaties,
Hardloop oor die straat.
Op ń koue aand iewers in daai dorp
Lê die seun:
Daai seun, sou hulle vertel,
Met sy vriendelike glimlag,
En sy hartseer oë,
Het altyd maar só gepraat,
Was maar altyd anders,
Eenkant.
Daai seun, sou sy ma sê,
Was so goed vir haar,
So gehoorsaam.
Só sensitief…
Daai seun, sou dit weergalm:
Op die rivier bed.

Nakend.
O seun!
Jou liggam verskeur.
Daai seun se ma sou nog outyd sê:
“Here!
My eie lam so wreed geslag.
Oor sy liefde vir dieselde geslag.”